Robert Daniels, woordvoerder van die Kaapstadse noodbeheersentrum en forensiese patologiedienste, het gesê die ongeluk het laat Dinsdagmiddag in ʼn multi-verdieping gebou gebeur.
“Die drie mans is op slag dood en nooddienste moes die hulp van ʼn strukturele ingenieur inroep voordat die liggame uit die wrak verwyder kon word, weens vrees vir strukturele skade aan die gebou en om te probeer verhoed dat noodpersoneel beseer word,” het Daniels gesê. “Die liggame is uiteindelik na die Salt River-lykshuis geneem.”
Die presiese oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.
Salt River is ook beter bekend as Soutrivier. Sê maar net.
Dis net duskant Sea Point. In die Western Cape 9nie dat daai name ooit in my huis gebruik word nie).
Goeiste, dit moes iets vreesliks gewees het vir die nooddienste om te sien en te beleef.
Baie sterkte aan die families.
Nou hoe het die koppe afgekom?
Is dit toevallig dat ook nog drie gesterf het in ‘n soortgelyke ongeluk soos berig op 29Sept. ? Ook hier was ‘n vragmotor betrokke wat teen ‘n motorhuis se betondak vasgery het (volgens wat ek kan sien op die foto). Die ongeluk was in Fresnaye. Beide ongelukke was op dieselfde Dinsdag.
Martin, die ‘koppe kom af’ wanneer ‘n soliede voorwerp soos die bokant van die opening se beton deur die windskerm van die vragmotor kom.