Drie ontsnap in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Drie verhoorafwagtende mans het Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die drie het omstreeks 18:40 deur die dak van die oefenkamer ontsnap deur die ogiesdraad te sny. Een van die verdagtes is intussen weer in hegtenis geneem.

“ʼn 27-jarige Mosambieker, wat in hegtenis geneem is op aanklagte van huisroof, verkragting en huisbraak, is Maandag in die vroeë oggendure op ʼn omliggende plaas in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

ʼn Spesiale taakspan is saamgestel en ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur na die ander twee mans, ʼn 25-jarige Mosambieker en ʼn 26-jarige man van die Mbekwana-nedersetting naby Mandlakazi. Die Mosambieker is in hegtenis geneem op aanklagte van huisroof, huisbraak en verkragting. Die 26-jarige is in hegtenis geneem op aanklagte van moord, huisbraak, diefstal en die besit van onwettige ammunisie.

Die omstandighede rakende die ontsnapping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Corné ·

Grensposbeheer is ‘n groot probleem. Te veel buitelanders uit ander Afrika lande kom SA binne en is betrokke by misdade.

Alida ·

Nugter weet hoekom dit nog nuuswaardig is. Dit is nie meer nuus want dit gebeur elke dag.

Lilla B ·

Alida en Theresa B, hoe kan julle sê dit is nie nuuswaardig nie! Omdat dit julle nie raak nie? Dit is omdat mense redeneer sulke dinge gebeur net met ander dat hulle laat slaplê en slagoffers word van geweld en ander misdaad. Wag maar totdat dit met jou en jou mense gebeur dan sal jy dit aan die groot klok wil hang. Hoe meer mense weet wat werklik rondom ons gebeur hoe meer paraat sal almal hopelik probeer wees. As niemand berig hieroor nie sal mense dink dit gaan goed en alles is in orde en in ‘n gekkeparadys bly leef soos baie blykbaar steeds doen. Hierdie berig moet jou laat regop sit, om jou huis laat stap en kyk waar jy nog kan beveilig, jou huislike en daaglikse roetine laat nagaan en kyk waar julle laat slaplê en kry die een of ander wapen om jouself en jou mense mee te verdedig, ons leef in ‘n verskriklike tyd, Ek kan eintlik net sê kom by!! Nie om jou sleg te sê nie maar om jou wakker te skud.

KarooKlong ·

Daar is ek gebore. In die plaashuis tussen die skool en die kruispad, as dit nog so lyk daar.
Dit is waar van die eerste rits plaasmoorde gebeur het. Corne is reg, onwettige “buitelanders” maak die grootste deel uit van die probleme daar en ja, dit is deesdae al daaglikse gebeure. Hoekom raak mens stil en tuur in die vertes?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.