Drie ontsnap ná hulle beamptes oorrompel

Argieffoto

Die polisie in Elliottdale in die Oos-Kaap is tans op soek na drie verhoorafwagtende gevangenes wat uit polisieaanhouding ontsnap het.

Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie het Saterdag om 17:55 uit die selle by die Elliotdale-polisiestasie ontsnap.

“Twee polisiebeamptes is deur die gevangenes oorrompel toe hulle met roetine-inspeksie besig was. Die drie mans het vinnig ontsnap en die twee beamptes ongedeerd in die sel toegesluit.”

Die ontsnaptes is Bonginkosi Ndevu (24), wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewapende rooftog in Willowvale in April, Akhona Paji (25), wat in hegtenis geneem is op aanklagte van moord en verkragting in April, en Mziwonke Coli (32), wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewapende roof in November 2016.

Volgens Koena word ʼn interne ondersoek gedoen.

“Die polisie versoek die gemeenskap om nie te probeer om die verdagtes te nader nie omdat hulle gevaarlik is, maar eerder enige inligting oor waar die mans hulle mag bevind by die naaste polisiestasie aan te meld of konst. Phuthumani Tambo by 073 034 9376 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leahim ·

Ek dink hulle moet die verhoorafwagtende gevangenes by die brandweer stasie toesluit ek is seker dit sal veiliger wees as by die polisie stasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.