Drie ontsnap uit Sasolburg-selle

Argieffoto

Die polisie in Sasolburg in die Vrystaat is op soek na drie verdagtes wat Maandag uit die selle by dorp se landdroshof ontsnap het.

Drie mans, Mpho Mokoena (21), Ben Nengomashe Motaung (26) en Bongani Tshabalala (24) het tydens etensuur ontsnap voordat hulle in die hof sou verskyn, het brig. Pholenyane Morake, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Ons stel ook ondersoek in oor die omstandighede rondom die ontsnapping. Diegene wat nalatig was, sal dienooreenkomstig hanteer word,” het hy gesê.

Mokoene staan tereg op aanklag van roof met ʼn vuurwapen en Motaung op aanklag van roof. Tshabalala is in aanhouding oor winkeldiefstal.

Morake doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om lt.kol. Sabata Modupe te kontak by 082 466 7939 of 016 973 2192.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Giel ·

Moes beslis gehelp gewees het. Toe ek in daai selle was kon ek nie ontsnap. Tye verander darm.

Tammy ·

Dis uiters nalatig! Daar is spesifieke prosedures in plek wat sulke voorvalle voorkom. As die prosedures nie streng nagekom is nie moet die betrokkenis baie swaar gestraf word. Ons belastingbetalers is moeg om gemelk te word deur te betaal vir gevalle waar mense nie hulle werk behoorlik doen nie. Daar is geen verskoning hiervoor nie. Nou moet daar weer n soektog op tou gesit word om hierdie drie gevange te kry. Die koste is fenominaal . Genade nee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.