Drie op Vredefort-plaas vermoor: ‘Sy vertroue het hom sy lewe gekos’

Hansie Raath (54) en sy hondjie, Rakker. Foto: Verskaf

Hansie Raath (54) en sy hondjie, Rakker. Foto: Verskaf

Hansie Raath (54), die man wat oor die naweek saam met twee kinders op sy familieplaas naby Vredefort in die Vrystaat met sy eie vuurwapen doodgeskiet is, het sy vermeende moordenaar geken.

“Die man wat in hegtenis geneem is, is iemand wat ons ken. Dit is ʼn man wat voorheen vir my pa gewerk het toe hy nog in die vervoerbedryf was. My pa het hom finansieel en moreel oor die afgelope jaar bygestaan en dit is hoekom hy Saterdag op die plaas was,” het Jéan Raath, Hansie se seun, gesê.

“My pa het ʼn paar plaaskinders oor die naweek onthaal en ongelukkig is twee van hulle ook tydens die voorval doodgeskiet.”

Maroela Media het vroeër berig Raath is omstreeks 18:00 op die plaas Blunort geskiet. Volgens die polisie was almal in die kombuis doenig toe die verdagte die vertrek verlaat het, na Raath se slaapkamer gegaan en ʼn vuurwapen uit die kluis gaan haal het. Die verdagte het met ʼn vuurwapen teruggekeer en Raath sonder waarskuwing agter sy oor geskiet. Die twee kinders, onderskeidelik 11 en 15 jaar oud, het probeer weghardloop toe hulle geskiet is.

Jéan het gesê twee kinders kon wegkom en het hulp ontbied, waarna die polisie en omliggende boere reageer het. “My pa se Ford Ranger is gesteel en aan die brand gesteek. Die voertuig is later verlate naby Kroonstad opgespoor. Ons kluis is leeggemaak en tans is die meeste van ons vuurwapens steeds weg.”

Die verdagte en ʼn vermeende medepligtige is Sondag omstreeks 09:00 in Kroonstad in hegtenis geneem.

“Ons is platgeslaan en het geen idee waar om te begin om die stukkies op te tel nie. Hy was my held. My pa was ʼn eerlike, sagmoedige man wat ander mense te veel vertrou het en uiteindelik het dit hom sy lewe gekos,” het Jéan gesê.

Die familie het almal bedank wat Saterdag op die toneel was en wat hulle in die moeilike tyd bystaan.

Konst. Masilela Langa, polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag aan Maroela Media gesê die verdagte het nog nie in die hof verskyn nie. Sy naam sal bekend gemaak word sodra hy verskyn het. Die kinders se name sal ook binnekort bekend gemaak word.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Riaan ·

Dit is bja saad kry sy suen jammer het om persoonlik geken was al op dai plas gewees hy was n bja liefdevole mens

anet ·

My Innige simpatie aan die familie. Ek probeer verstaan hoekom Hansie nou doodgeskiet moes word, nadat hy hierdie man ondersteun en gehelp het. Daar was so paar maande gelede ‘n opname gemaak oor wedersydse vertroue tussen wit en swart mense. Die swart mense het die hoogste punt behaal want hulle se hulle vertrou nie wit mense nie. Die wit mense steek gereeld ‘n helpende hand uit, maar dit is nie goed genoeg nie, ons word net wreed aangeval en vermoor. Hoekom dan?

christine ·

Woorde is daar nie, dit is so sad, mag die Here julle almal wat deur so groot hartseer gaan , julle vertroos en onderskraag, ek as ouma en ma dink aan julle in my gebede.

Dirk ·

Ek is baie jammer vir die familie wat agterbly, maar daar is iets nie reg met die storie nie. n Ou man soos hy wat kinders onthaal waar was hulle ouers?. Miskien gaan daar nog meer uitkom oor hierdie insident.

pop ·

Vreemd dat mense nie tevrede is as hulle vreeslike nuus lees nie, nee hulle soek nog n brokkie skok nuus om aan te las. Dadelik bespiegel hulle. Sjoe dis vreeslik.

Dann Druff ·

Ek is geneig om saam met jou te stem. Ek is self ń weer gebore Christen, maar ek weet as daar reën op pad is dan dra mens ń sambreel saam met jou. Dit beteken nie jy het nie geloof nie, jy gebruik net jou gawe van logika.

·

Ek ken oom Hansie vandat ek kan onthou…’n man met ‘n hart van goud wat homself sal indoen om iemand anders te help. Ek het op ‘n plaas nie ver van oom Hansie se plaas groot geword…en ek kan onthou hoe die volk se kinders Saterdae na ons huis toe gekom het en ons almal ysies/kos gekry het en ek en my broer saam met hulle gespeel het…dus in daardie omgewing is dit en was dit nog nooit vreemd as die boere van die jonges onder hul vlerk geneem het en “onthaal” het nie, want ons almal het geweet dit is dié einstes wat eendag gaan help werk op die plaas, en so leer ken jy jou toekomstige helpers van kleintyd af. Ja mens kan niemand meer vertrou nie, nie soos ‘n hele paar jaar terug nie…maar hierdie liewe oom het nooit toegelaat dat juis dít sy goedhartigheid teenoor enige iemand stop nie.Oom Hansie, jou skitter-stem gaan gemis word.

Marnus Coetzee ·

Hoe so, Lulu? En wie maak dáái besluit? Jy? En op watter basis?

Patsy ·

Dit is tragies , absoluut tragies. Ben waarom moet mense jou e-mail? Waarom kan jy nie sommer hier vir almal vertel nie.

Lulu ·

Dis omdat jy simpel videos stuur wat absoluut niks met die onderwerp te doen het nie Ben!

Lisa ·

Dit is baie erg wat gebeur het! Baie sterkte aan sy seun en familie. Tog moet ek met Dirk saamstem, iets klop nie in die berig nie. Hoe kan die verdagte sommer doodluiters ‘n wapen uit ‘n kluis haal?? En nee Pop ons las geen stories aan nie, ons dink dalk bietjie verder…….

Mariaan ·

Dis so hartseer……MAAR IETS IS NIE REG HIER NIE….en dis nie dat n mens fout WIL vind nie, maar die storie maak net nie sin nie…hoekom was die kluis dan nie gesluit nie? Veral nog as jy kinders in jou huis “onthaal” en dit nog op n Saterdagaand 6uur wanneer families eintlik kuier ens. Waar is die kinders se ouers? Ek voel jammer vir al die families hierby betrokke….maar hier gaan nog n storie bykom.

nig ·

…of nie. Wil steeds weet van die ander boer wat vroegoggend (baie vroeg)saam met sy vrou by Krugersdorp se vendusieplek ‘n man ontmoet het en net hy is doodgeskiet. Ons het nooit gehoor wie die ou van Krugersdorp was of wat verder gebeur het nie. Dit was onlangs. Boer was, ek dink van Potch….ook ‘n goeie ou.

Jo-Ann ·

Ons het die oom goed geken. Die tannie het bestuur en hul het eertse op haar geskiet toe val sy plat en maak of sy geskiet is. Toe skiet hul op die oom, die eerste skoot het hom die dood gemaak nie, toe ruk die een man die oom se deur oop toe het die oom hom in die maag geskiet waarna die man die oom toe in die kop geskiet het. Hul het later die man wat in die maag geskiet was sommer langs die pad dood gekry. Daar is mense in hegtenis geneem en hul glo daar was n hele klomp betrokke by die beplannig hul dink in totaal was hul 7

Jo-Ann ·

O ja, die man wat hul daar ontmoet het was 23 en toe die tannie en die oom daar aankom het die ander mans hom op die grond vas gedruk met n geweer en dis toe die oom en tannie daar aangekom het

candice ·

Toe ek in 1996 op Fraserburg in die koshuis was, was ons 1 keer ‘n maand deur boer Koos onthaal. Al die kinders van die koshuis en dorp is na sy plaas genooi waar ons gebraai het. Meeste van ons was stad kinders. Dit was vir ons so lekker om op die plaas te wees, met die karoo sand onder ons kaalvoete. Ons het speeletjies gespeel en gebraai en geswem en dit was tog te lekker.

D ·

Pendoring ek is self n christen en ek stem saam jou. Ek wonder net, sou Jerigo se mure geval het as niemand op gestaan het en nie op die ramshorings geblaas het nie?

D ·

VEMEENDE MOORDENAAR?????

Hoekom verwys die media na hom as vermeende, drie lewens is koelbloedig beeindig en dit maak van die skuldige n moordenaar maar hy is nog nieskuldig bevind nie so ons kan hom mos nie n moordenaar noem nie. Hy is n verdagte in die moord saak wat van hom n verdagte moordenaar maak, noem die gemors wat hulle is. Die media moet ophou om die sedes mooi baaitjies aan te trek met slim gekieste woorde. Noe dit wat dit is!!!!

Pierre Celliers ·

Hierdie is ons lot in hierdie land, ongelukkig so. Dit gaan nog baie erger gaan
en niemand, maar niemand, gaan ‘n vinger verroer om dit te probeer stopsit nie!
Ek voel baie jammer vir hierdie boer en twee kinders, maar hy moes besef het,
plaasboere is altyd teikens en hulle moet paraat wees elke dag van hul lewens,
dis al hoe hulle kan oorleef. Is jy ‘n boer? Dan woon jy in ‘n oorlog sone, besef dit!

candice ·

Want alles wat die Afrikaner sê val op dowe ore. Ons wat “suffer” sê alles vir mekaar. Kommentare word verwyder… soos hier op Maroela.

Marie van der Merwe ·

Kan julle asseblief die ras/kleur van die aanvaller bekend maak? Ons dink dadelik dit is ‘n swarte… Help ons reg as ons (onwaarskynlik) verkeerd is. Daar word altyd na wit afrikaanssprekendes verwys…. Taalkwesies soos nou in die kaap- hoekom nie ook nou spesifiseer nie

candice ·

Maroela Media, haal sommer al my kommentaar af.
Julle verwyder kommentaar wat waarheid dra. En nie net myne nie, baie mense s’n. En so sal die Afrikaner nooit gehoor word nie want ons word stil gemaak. Trots Afrikaans! Ja right!

Nina ·

En dit, Candice, is hoekom ek my maandelikse bydrae gekanselleer het. Geen vryheid van spraak

LEON ·

Maroela plaas net komentaar soos wat hulle dink die leser sal geniet. Kom tot die werklikheid Maroela respekteer ander se menings ook. As jy wil.

jaycee ·

Maroela Media verdien ‘n groot kompliment vir hulle deurlopende beriggewing oor plaasmoorde. Meeste ander media benader hierdie tragedie in ons land skouerophalend. Wat hierdie spesifieke geval betref, is dit duidelik dat daar heelwat onbeantwoorde vrae is en ons sal seker moet wag tot die hofsaak begin voor ons meer te wete sal kom. Die feit is dat plaasmoorde tekenend is van ‘n tragiese tydvak in ons land en dat die regering van die dag nie daartoe in staat is om iets beduidend te doen om dit hok te slaan nie. En vir die ANC om plaasmoorde as bloot krimineel van aard af te maak en so hulle hande in onskuld te was, is op sigself ‘n kriminele benadering. Dis ‘n bewys van die regering se onbekwaamheid/onwilligheid om reg te laat geskied aan elke landsburger grondwetlike reg om in veilige omstandighede te kan leef.

Dawn van Deventer ·

Why should any murderer be afraid to kill someone?? There is no justice in this country to speak of. No respect for life. People virtually walk free after being found guilty of murder. Bring back the death penalty and hang the bastards.

Jan maak n Plan ·

Ek lees nou so vlugtig deur al die kommentaar van nog n wonderlike mens wat weereens wreedagtig vermoor is. Maar iets krap aan my nou al n geruime tyd oor sulke stories – en glo my dit juk verskriklik. Hoekom word sommige kommentaar / info deur Maroela media afgehou vanaf hierdie portaal. Is Maroela media bang vir iets of iemand???

Maddox ·

Jan….
Hulle noem dit polities-korrektheid. Die waarheid mag nie geplaas word nie, want dit kan sekere groepe ontstel, dus plaas hulle die PK- weergawe, wat eintlik minder as niks beteken nie. Ek raak ook by die dag meer keelvol hiervoor, te hel met PK, ons soek die waarheid!!!!!!

Susan ·

Ek hoop ons kan almal leer jy vertrou niemand in suid afrika nie.

Zilla ·

Dankie tog vir Facebook…ek sit in Amerika en word stom geslaan as ek nou en dan hoor wat werklik in SA aan gaan. Ja ek verlang huis toe, na my mense, lekker kos maar goeie genade wat gaan in ons land aan?!?!? Dit is verskriklik! Ek wens so ek kon almal help met visas, groenkaarte, werk oorsee etc etc…aai….niemand verdien dit om so ‘n lewenstyl in soveel vrees daagliks te lewe nie! En die res van die wereld weet nie eers hiervan af nie?!

candice ·

Wens die res vd wêreld kon dit lees. Dis regtig hartseer om die land te sien soos dit is nou… en te leef in tyd soos nou. Wens my kinders kon buite speel soos toe ek ‘n kind was. Nou kan jou kind nie eers in jou EIE erf speel sonder om te panic nie…

Marnus Coetzee ·

Wel, dis wat gebeur as jy ‘n goodie-two-shoes wil wees. Die les van Piet Retief uit ons geskiedenis word mos altoos beterweterig afgelag en nie ernstig opgeneem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.