Drie op Vrystaat-plaas doodgeskiet

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man en twee kinders, onderskeidelik 11 en 15 jaar, is Saterdag op ʼn plaas in die Vredefort-distrik doodgeskiet.

Konst. Masilela Langa, woordvoerder van die polisie, het gesê Hansie Raath, voorman op die plaas Palmietkuil, het Saterdagmiddag ʼn man en ses kinders in die dorp gaan oplaai en saamgeneem plaas toe. Raath, die ses kinders en die ander man was almal glo omstreeks 18:00 in die kombuis besig. “Die ander man het glo die vertrek verlaat en met ʼn vuurwapen teruggekeer.”

Volgens Langa het die man Raath en twee kinders doodgeskiet. Hy het glo hierna met Raath se Ford Ranger-bakkie gevlug. Die bakkie is later verlate naby Kroonstad gevind. Die verdagte is Sondag omstreeks 09:00 in Kroonstad in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek drie aanklagte van moord.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vredeforter ·

Dit is vreeslik jammer om te hoor. Hans het ’n pragtige tenoorstem gehad en het altyd wanneer ek hom raakgeloop het ’n glimlag op sy gesig gehad. Die gemeenskap is ’n staatmaker kwyt; hopelik word die skurke aangekeer.

Redaksie – sy van was Raath, nie Raadt nie.

Theresa ·

Sjoe, so in die huis ingenooi en dat dit. Meer detail sal welkom wees.

sarie van heerden ·

Waarom sou iemand dit goeddink om vreemdelinge na sy huis nooi. Hy moes tog geweet het die man is gewapen.

]]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.