Drie opsies oorweeg vir ‘spookhospitaal’

Die Kempton Park-hospitaal. Foto: Emile Van Niekerk‎/Facebook

Die DA het ʼn beroep op die Gautengse departement van gesondheid gedoen om ʼn besluit te neem oor die lot van die Kempton Park-hospitaal.

Dié hospitaal, wat ook bekend is as die spookhospitaal, staan sedert 1997 leeg en miljoene rande is al bestee aan veiligheidsdienste by die hospitaal wat intussen ʼn speelgrond vir vandale en sogenaamde spookjagters geword het.

Refiloe Nt’Sekhe, DA-LPW, het gesê die party het verneem dat die Gautengse departement van gesondheid drie opsies oorweeg oor die toekoms van die hospitaal.

Dit is deur Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, bekend gemaak in ʼn geskrewe antwoord op vrae wat die DA in die provinsiale wetgewer gevra het.

Volgens die LUR is die drie opsies om die bestaande hospitaal op te knap en dit as ʼn distrikshospitaal te heropen, om die bestaande hospitaal op te knap as die Folateng-hospitaal en om die bestaande hospitaal te sloop en ʼn nuwe distrikshospitaal te bou.

“Die LUR het aangedui dat die voorstel omtrent die Folateng-hospitaal deur die private gesondheidsektor in Kempton Park verwerp is en dat ʼn besluit geneem is om die bestaande hospitaal op te knap met die oog op ʼn distrikshospitaal.”

Die Kempton Park-hospitaal. Foto: Sabrina Panaino‎/Facebook

Volgens Nt’Sekhe is die beraamde koste vir die sloop van die hospitaal sowat R127 miljoen terwyl die beraamde koste vir die nuwe distrikshospitaal sowat R1,5 miljard beloop.

Masuku het in Junie verlede jaar tydens ʼn gemeenskapsvergadering op die perseel van die hospitaal gesê of die hospitaal nou opgeknap of herbou word, dit moet so gou as moontlik gebeur.

Kwara Kekana, Masuku se woordvoerder, het egter dié week aan Maroela Media gesê die departement het nie tans geld vir die hospitaal nie. “Daar word tans na alternatiewe finansieringsmetodes gekyk,” het Kekana gesê.

Nt’Sekhe het egter ʼn beroep op Masuku gedoen om as ʼn saak van dringendheid ʼn besluit te neem hieroor. “Die Tembisa-hospitaal sukkel om dienste aan mense van Kempton Park en omliggende gebiede te lewer. As hierdie hospitaal opgeknap en heropen word, sal dit help om die druk by die Tembisa- en Edenvale-hospitaal te verlig. Dié hospitale is tans oorvol en kan nie voldoende gesondheidsdienste aan mense lewer nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Spook ·

Spookhospitaal.? O nee daar sal ek vinnig gesond word om daar uit te kom. Ek maar bang vir spoke.

Nettie ·

@Spook – jy het ‘n groter kans om sélf ‘n ou spokie in die Spook Hospitaal te raak, as om gesond te raak en daar uit te kom. Veral as jy die kwaliteit van gesondheidsdienste in die provinsie waar die hospitaal geleë is, in ag neem.

Monument ·

Hoekom maak hulle nie ‘n monument daarvan nie? Of ‘n regte spookhuis.. Hulle kan geld maak

Laetitia pretorius ·

Lyk of die mense in die kaapse kerk meer regte as onz het. Hulle eis baie maar wat van ons ?
.. ons grond wil die regering he vir mense wat nie regtig gaan boer nie. ons kinders kry nie werk nie en kinders met 6-8 onderskeidings word toegang geweier om dokters te word. W
Waarheen nou??

Johan Venter ·

Wat ek nooit ooi sal kan verstaan nie is, Ramaphosa en die ANC wil grond onteien, wil ondersoek waar daar oop ruimtes in stede en so is. Nou waarom in jou lewe, ek gaan op my knieë voor Ramaphosa en vra waarom gebruik hulle nie al die staat se leë geboue nie, koop sommer die hordes van privaat instansies op wat in stede en in dorpe onbenut staan, daar waar die voorheen bevoordeeldes besigheid in gedoen het en nou weggetrek het!

Martie ·

Dit was n pragtige Hospitaal nie net daai hospitaal is verwoes nie gaan kyk heveel dorpe is naby verwoesting alles wat met n flam kan brand word verwoes kyk hoe lyk die hele land sover jy ry is dit net verwoesting tot paaie bestaan partykeer nie eers meer nie is een gat op die ander die land het behoorlik van 1994 in n eens mooi land in n verwoeste land ontaard.

Lee ·

Net nog nuwe bedrog & skandaal met sloopgeld en herbou van hospitaal. Belasting betalers se sakke loop mos oor met al die ekstra geld.

Ampie ·

My kinders was daar gebore in die 80s, puik hospitaal gewees en modern, dit moes nooit gesluit gewees het nie!!

Michael ·

Wat van voortrekker hospitaal in kroonstad wat ook jare al leeg is en mense loop daar rond in die nag en krap in die kantore rond en kyk in lêers wat daar nog is.

Danie T ·

Dit wil voorkom of die ANC ook die verskroeide aarde beleid van Brittanje destyds navolg!

JohanR ·

Is daar niks wat uit die ANC tydperk kom wat nie spook nie?

Marie ·

Dan praat die regering van nasionale gesondheidsorg, maar hul kan nie eens ‘n nuutgeboude hospitaal in bedryf stel nie. Pateties!

Nugter ·

Wonder wat gaan die sogenaamde reddingsorganisasie maak met die “Die Villa” wat ook net ‘n spookhuis is. Wonder wat red hulle, net hulle self.

Hasie ·

JohanR, jy sê dit so mooi in die kol. Jy kan nie een ding noem waarvan die ANC ‘n sukses gemaak het nie.

JohanR ·

Ja Hasie. Lees dat self val SAL, sal ons ministers nog hulle vry vlugte kry, al moet dit met ‘n sweeftuig wees. En daar val ek alweer van my stoel af van die lag!

Spookasem ·

Nee kyk ne iemand wat daar gaan le met ‘n hartaanval sal bo die 1ste een nog ‘n hartaanval kry die geringste verkeerde deur laai of venster wat oop gaan of daar word Disprin voor geskryf en jy kry dalk gif, dink ek sal hy of sy die hasepad vat, agv. wat hul gehoor of gesien het. No Go For Me. GOODLUCK for the people who goes there.

Kokketiel ·

Hoekom moet dit so baie kos om op te knap? Ek dink maak alles eers mooi skoon en kyk dan wat regtig nodig is, die toerusting behoort nog daar te wees dit kan getoets word of dit nog goed werk , en die beddens, maak dit skoon, kry nuwe matrasse, dit hoef nie alles splinternuut te wees nie, Maar waarskynlik is die inboedel lankal verkoop…… en die geld uitgemors, die land is in sy maai en sal nooit regkom solank dit op hierdie manier regeer word nie,……

Asmain ·

Daar was op n stadium n voorstel om dit te omskep in n privaathospitaal maar na n ondersoek is besef dit is nie die moeite werd nie: die toerusting, fasiliteite soos teaters ens & struktuur is te oud & vervalle. Dit gaan meer kos om dit te moderniseer, goedkoper om n nuwe hospitaal te bou.
Kort nadat die hosp gesluit het, was daar n aanbod van priv dokters om die gebou te koop maar die regering wou dit nie aanvaar nie, nou jare later is dit niks werd nie…

PJC ·

Verkoop hom aan die privaatsektor vir R1. Dalk stel iemand soos Afriforum belang. Dit is net wat nodig is om sommer van dit ń opleidingshospitaal te maak. Ons kort dringend duisende nuwe mediese personeel in die land.

Von ·

PJC…ek stem vir die voorstel…..maar dit sal verseker nie die kaders se goedkeuring wegdra nie ..te werkbare plan na hulle sin????

Marietjie Stander ·

Ek stem verkoop dit aan Afriforum hulle sal n doel daarvoor kry en dit sukses vol bedryf.

Chamanda ·

Ek stem, ons kort dringend ‘n nuwe staatshospitaal in daardie omgewing, Tembisa “cope” nie met al die pasiënte nie

Strandloper ·

Hoekom trek die regeerende party nie maar daar in nie ? Die gebou is toonbeeld van wat hul vermag het tot dusver…totale vervaling!

Lood Kurkprop ·

Ons is die toets-model vir die Nuwe Wêreld Orde…..wat verstaan julle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.