Drie paramedici deur motor raakgery op ongelukstoneel

Argieffoto: ER24

Drie paramedici van ER24 se Secunda-afdeling is gisteraand beseer toe hulle uitgeroep is na ’n ongelukstoneel op die R546.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê hul al drie, twee mans en een vrou, is op die ongelukstoneel deur ’n motor raakgery.

“Een persoon is in ’n kritieke toestand per mediese helikopter na die Mediclinic Highveld vervoer. Die ander twee is matig beseer, maar ook na dié hospitaal vervoer,” het Van Huyssteen gesê.

Van Huyssteen het Sondag aan Maroela Media bevestig twee van die beseerdes is reeds uit die hospitaal ontslaan terwyl die ander steeds in ’n ernstige toestand in die hospitaal behandel word.

“Ons gedagtes en gebede is by die hulle en hul gesinne in dié tyd.”

Die polisie verwys alle navrae na Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit.

Maroela Media het hom verskeie kere probeer kontak, sonder enige sukses. Sy kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andries Visagie ·

In SA het niemand meer enige respek vir wetstoepassers en nooddienstepersoneel nie. Mense gee nie pad wanneer ambulanse aankom nie en jaag verby ongelukstonele of so nie hou hulle stil om te kyk. Respek vir lewe is iets wat te veel van ons landsburgers nie verstaan nie! Sterkte aan die ER24 personeel, hoop hulle word gou gesond!

leser ·

sterkte aan beseerdes
ek sal julle in my gebede onthou
ek glo dat die Here se Hand van genesing sal julle vashou

Anoniem ·

Die persoon wat hulle raakgery het ! Weet Hy wat bestuur beteken ! Miskien moet Julle bietjie dieper delf in Sy verlede ! Goue reël is – ry wanneer dit veilig is en stop op ‘n veilige plek as Jy enigsins twyfel ???

Wilma ·

Te veel korrupsie by uitreiking van bestuurslisensies of dronk dalk drugs
. Nix in SA verbaas my meer ni.

Neilia ·

Daar was 9 ongelukke in een aand en as ek ons live koerant berig reg het en tel is daar 12 mense oorlede. Die ongeluk het gebeur net na n ongeluk op dieselfde toneel. Die ongelukke was op die N17 die Brendan village afdraai vanaf Evander/Embalenhle , Kinross na kriel kruising , Die Sky hill naby Secunda . Dis weereens nie die paaie nie maar die bestuurders wat drink en jaag en daai wat so lê en bestuur en dan ook onpadvaardige voertuie. Ek weier om na 5 op enige van die paaie te ry en so ook naweke.

neville ·

dagga is nou gewettig maar daar is geenwetgewing nog in plek vir hoe hoog n daggaroker kan wees en nog veilig te bestuur nie. so tipies anc kortsigtig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.