Drie plaasaanvalle binne 8 uur

WAARSKUWING: ‘n Foto in die berig is grafies en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die toneel waar John Byles op ‘n plaas buite Hartswater in die Noord-Kaap aangeval is. Foto: Verskaf

Drie aanvalle het vanoggend binne ʼn tydperk van agt uur op twee plase en ʼn kleinhoewe in drie verskillende provinsies plaasgevind.

John Byles (81) is vanoggend omstreeks 07:00 buite sy huis op ʼn plaas naby Hartswater in die Noord-Kaap deur twee aanvallers oorval.

Johan Cloete, ʼn vriend van Byles, het aan Maroela Media gesê die aanvallers het Byles aanvanklik met die vuis bygedam voordat hulle ʼn graaf gebruik het om hom aan te rand. Hulle het ook onkruidgif in sy gesig en oë gegooi.

“Hy het onder sy bakkie ingekruip en probeer om sy kop so hoog as moontlik te hou sodat hulle hom nie nog met die graaf oor sy kop kon slaan nie. Dit is regtig ʼn wonderwerk dat hy leef,” het Cloete gesê.

Hy sê Byles is in ʼn kliniek opgeneem waar hy minstens nog tot Vrydag behandel sal word. “Hy het kopbeserings opgedoen en sy oë is heeltemal toegeswel van die aanranding en die gif. Hy het gelukkig nie skedelbreuk opgedoen nie, maar dokters het steke in die wond aan sy kop gesit.”

Volgens Cloete is Byles by sy volle positiewe en kan hy die gebeure duidelik onthou. “Hy is heeltemal wakker en praat met ons. Hy wil nou sommer die boerdery hier vanuit sy hospitaalbed bedryf,” skerts hy.

Hy het gesê die eienaar van die plaas het reeds bevestig dat die veiligheid op die plaas waar Byles alleen woon sedert sy vrou verlede jaar dood is, opgeskerp sal word.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Kock word ʼn saak van huisbraak ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om lt.kol. Isaac Sereetsi by 082 454 4212 te bel.

Ure vantevore is ʼn vrou wat alleen op ʼn plaas in die Marble Hall-omgewing in Limpopo woon omstreeks 02:00 deur twee aanvallers in haar huis oorval.

Bertus Homan, veiligheidshoof van AfriForum in Marble Hall, het aan Maroela Media gesê die vrou het wakker geword van ʼn geraas en opgestaan om te gaan ondersoek instel.

“Sy het twee aanvallers by die voordeur gesien; die boonste deel van die voordeur was reeds oopgebreek. Sy het op hulle geskree en omgedraai, terug na haar kamer gehardloop en haar rewolwer gaan haal,” het Homan gesê.

Volgens Homan het die aanvallers egter reeds op die vlug geslaan toe sy op hulle geskree het. Die vrou het daarna twee waarskuwingskote afgevuur.

Homan het gesê die aanvallers se spore is van die teerpad, waar hulle vermoedelik afgelaai is, tot by die huis gevolg en weer die ent terug na die teerpad toe hulle gevlug het.

Hy sê die vermoede bestaan dat die aanvallers inligting ontvang het dat die vrou Dinsdagnag alleen tuis sal wees aangesien sy nie gewoonlik alleen is nie. Maroela Media het by die polisie navraag gedoen en wag op terugvoer.

John Byles nadat hy aangeval is. Foto: Verskaf

In ʼn derde voorval is ʼn vrou en ʼn 16-jarige meisie omstreeks 10:00 op ’n kleinhoewe buite Cullinan in Gauteng aangeval.

Volgens Kerneels Bezuidenhout, ’n familielid, is die tienermeisie en die gesin se huishulp deur twee aanvallers buite die huis oorval waarna hulle vasgebind en geslaan is. Die aanvallers het daarna op die vlug geslaan met selfone en skootrekenaars.

Gladice Bezuidenhout, nog ’n familielid, het gesê die meisie en huishulp was ten tyde van die aanval alleen tuis, aangesien dit eksamentyd is en die meisie by die huis moes voorberei vir haar volgende vraestel.

Volgens Kerneels kon hulle daarin slaag om hulself los te wikkel nadat die aanvallers laat spaander het en het hulle na die meisie se grootouers se huis, ’n paar honderd meter daarvandaan, gehardloop om hulp te ontbied.

Kerneels vertel dat hy ná die aanval vlugtig op die toneel was, maar dat die verdagtes teen daardie tyd skoonveld was. Hy bevestig dat die twee slagoffers nie ernstige beserings opgedoen het nie en vir traumaberading sal gaan.

Volgens Gladice is dit “nou ’n weeklikse ding dat mense in dié gebied helder oordag aangeval word”. Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê daar het vanjaar reeds 296 aanvalle op plase en kleinhoewes plaasgevind, terwyl 38 mense vanjaar in plaasaanvalle vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jerry ·

Hoeveel plaasaanvalle moet nou nog eers plaasvind voordat Afri-Forum se plaasbeveiligingsplan eendag gaan begin werk!

Haan ·

Jerry. Mens kan n perd na die water lei… Verskoon as dit onsensitief klink, maar baie BAIE boere/burgers/mense besef nie hoe kwesbaar en weerloos hulle is nie. Elke persoon wat kan moet n vuurwapen kry en die nodige opleiding. Die sestienjarige meisie inkluis. Hulle moet ernstig dink oor hul daaglikse doen en late en besef waar hulle tekort skiet. Party raak kwaad as mens sulke raad gee en sê “maar ék doen dit” maar vergeet dat die meerderheid boere /burgers nog salig voortgaan asof dit die ou SA is

Sterkte aan die families. Ek is werklik baie dankbaar dat hulle almal leef.

Haan ·

Trump gaan ons nie red nie. Afriforum gaan ons help, maar hulle gaan ons óók nie red nie. Ons – met geloof in God en eie hand – gaan onsself red.

remondo ·

nee nou verstaan ek nie , kyk hoe lyk die oom geslaan en hulle ondersoek n saak van huisbraak?

HESTER ·

Jy moenie vergeet nie, dus net in SA wat dit so gedoen word. Onthou ons word nie verniet die Banana Republiek genoem nie.

Blits ·

Ondersoek n saak van huisbraak?????

Regtig?, Die arme oom word geslaan met n graaf en met GIF gegooi in sy gesig??
As dit ek was wat dit aan n swart man gedoen het is ek dadelik aangekla van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en nog 105 aanklagte wat sommer uit gedink sal word gevolg met n hengse groot betooging teen my en dan op die nuus n uitbasein deur die regering en kie van rassisme.

Hoekom is dit dat as plaasaanvalle gedoen word daar baaaaaiiiiieeee selde n klag van moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer ondersoek word, 99% van die tye hoor jy dat n saak van huisroof ondersoek word, is dit om dat huisroof n baie sagter vonnis het as die anne aanklagte en dat die booswigte so vinniger weer kan uitkom om verder aan te gaan met die dade???????

3 aanvalle in 8 ure, Agri SA is wraggies van lootjie getik om te se dat dit die laagste syfers in 20 jaar is, hulle is kop en een mis en gebruik die regering se statistieke.

Klink of hulle dit goedkeer, een aanval een moord ongeag ras en reuk is te veel

Onnosel ·

Hulle dink ons is dom, onnosel en leergestremd en sal alles goedmoeds glo. Wat het geword van ons grondwetlike reg op ‘n veilige lewe, sonder vrees met skoon water, eie-taalonderrig ens ens ens. Aanvale, inbrake en moord op ons blankes word net meer en meer. Wanneer staak ons om die regering om ver te werp. Sal seker nie kan want ons is te min. Genadigik het gebed groot krag.

Rasper ·

Gaan oor statistieke. Onthou, AgriSA gaan volgende jaar die statistieke gebruik om te wys daat plaasaanvalle minder word….

Emma ·

Ja wys vir die wereld hoe dit in die mooi land van ons aangaan. Dit is skrikwekkend

Hoc est bellum ·

Iemand gaan eendag besluit genoeg is genoeg en dan wet en orde in eie hande neem. Dit is dan wanneer die kruitvat in SA gaan ontplof. Dan gaan daai persoon die skuld vir alles kry. Tick tock tick tock …

Maro ·

Ons almal sit geduldig en wag vir die iemand om iets te doen…ons almal het duidelik nogsteeds nie genoeg gehad nie. Ek glo ook nie enige iemandgaan iets doen nie.

danie * ·

BROERS!!!! EK EN JY GAN SO LYK AS ONS NIE NOU IETS DOEN NIE !!!!!!!! ONSE VADER BESKERM ONS TOG IN U NAAM , AMEN.

Nicky van der Walt ·

Maak dit 4 aanvalle. Van ons werkers, wie se kamers slegs 100m van ons huis is, is gisteraand omstreeks 02:30 sleg met pangas, op ons plaas net buitekant Brits aangerand.

Nita ·

Ag julle verbeel julle. Geen plaasaanvalle, moorde en rooftogte vind plaas nie. Donald Trump suig alles uit sy duim. En diegene wat hom in kennis gestel het, van wat hier aangaan, versprei kwaadwillige leuens.

Manie Schoeman ·

Watter bedreiging hou ‘n 81 jarige man vir twee boewe in? Waarom die wreedheid en brutaliteit van die aanval? Nee, iemand moet my nog oortuig dat hier nie rassistiese ondertone is nie. Finish en klaar!

Kiewiet ·

Stuur al die fotos van al die plaas aanvalle waar die mense wreed aangerand is, na al die groot lande se koerante en TV stasies toe. Sodat hulle dit in hul koerante en op TV kan wys. Dan kan hulle self sien wat hier aangaan. Daar word mos gese ons lieg , as ons se wat regtig hier aan die gang is.

PJC ·

Hierdie laat my opnuut wonder hoe veilig dit is vir toeriste om nog van oorblyplekke op plase gebruik te maak. Ek en my eggenote hou daarvan om van hierdie tipe akkommodasie gebruik te maak maar dit blyk nie meer veilig te wees nie.

Frans ·

Ek het ń groot bekommernis oor die aanvalle wat op boere plaasvind.Maroela Media moet nou begin om al hierdie grieweldade na anderlande versprei ons moet ons wittes se sitsuasie afdwing .Die regering moet nou baie duidelik in gelig word dat ons die reg gaan gebruik om ons lewe en eiendom te beskerm ,aangesien polisie en tegering niks doen om ons mense wit of swart te beskerm nie. Daar word gesê polisie mag nie vermoor word nie so ook wittes die magte moet meer blankes polisie aanstel om ons te beskerm.Ons moet begin met strikes en boere moet so min as moontlik plant vleis en wat ons nodig het verminder asb boere ons kan nie dit meer verdra om te sien hoe julle onmenslik aan gerand word

Callie ·

Glo my. Die woord wat so onwettig geraak het in SA. Daai woord pas so mooi by die aanvallers. Mense kom ons wees eerlik, n dier tree nie eers so op nie. So wat is die goed

Me ·

Regtig mense WAT MOET TRUMP NOU AAN DIE LAND DOEN, EERS WAS DIT DAT ALMAL NA ANDER LANDE MOET TREK.
REGTIG, KOM REG STAAN OP VIR JULLE SELF. HOU OP BAK HAND STAAN EN WAG ANDER MOET JULLE HELP
NEE MAN – NIE EENS DIE GOVERNMENT DOEN IETS DAAR AAN NIE NOU HOEKOM SAL TRUMP. DOEN WAT DAAR GEDOEN MOET WORD, STEM DIE GOVERNMENT WEG, ALMAL SPRING AS MALEMA IETS SE OF DOEN. WAKE UP SA

George ·

As ons saam staan, sal ons die vyand oorwin. Lees “Siener van Rensburg”. Die Vader het ons ‘n boodskap gestuur deur hom. Maar ons kan nie eers saam staan!

Johanna ·

Trump het net gepraat. nog n ‘speech’ Ons kan nie aanhoudend aan Siener van Rensburg se voorspellings klou nie. FEITE – dis n oorlog wat aljare aan die gang is.

Haas ·

My vrou is ‘n paar jaar terug aangeval in die huis. Helder oordag. Kinders by die skool, ek by die werk. Ek moes d.m.v ‘n familie lid wat ‘n polisie vriend het, hulle kry om die saak te ondersoek…. Antwoord: “Eish Sir, it is very difficult to catch these guys…. We don’t know where to start…” Mmmmmm, gelukkig het sy oorleef, met ligte brein skade (lang termyn geheue is weg), en ons het nog nooit weer van die SAPS gehoor nie….

Annoniem ·

My hart wil breek, in stukke skiet as ek hoor of sien dat ons ou mense so gerinneweer word …. ons, egter sal nooit enige oumense so aanval nie, want ons is geleer om oumense te respekteer….

Kopskoot ·

So is julle manne reg vir n burger oorlog? Of is julle nog te gemaklik met hoe goed die lewe gaan?

Danie ·

Haas nou hoekom volg jy dit nie op nie. Baklei vir jou regte. Moenie dit net aanvaar nie.

Rasper ·

Konsentrasie. Konsentrasie. Dit gaan nie oornag gebeur nie, maar ten minste is dit ‘n begin. Hoe lekker sou dit nie gewees het as Afrikaners aktief begin konsentreer het so vyf jaar gelede nie? Op hierdie oomblik is daar min opsies oor. Emigreer, baklei of verdwyn. Emigrasie is nie vir almal beskore nie. Dit is net te duur. Niemand gaan wen in ‘n burgeroorlog nie. En om te probeer bou na ‘n oorlog, gaan moeiliker wees as nou. Die ander oplossing is verdwyn. Met dit wen nieman ook nie. Konsentrasie kan die nuwe “buzz” woord word. Dit gaan ‘n klein stroompie wees, maar sal groei. Terwyl die res van Suid-Afrika se ekonomie verval sal dit ligpuntjies wees hier. Afrikaner konsentrasie. ‘n Mens hoef ook niemand te oortuig nie. Gee net die geleentheid vir die wat wil. Die res sal kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.