Drie plaasmoordverdagtes vra dan borgtog

hof-hamer

Argieffoto

Die drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Shaun Krull (48) het Maandag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Vizicelo Wokisi, Xhanti Ndingaye (29) en Zolani Losi (23) het op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in die hof verskyn, het Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die saak is tot Woensdag uitgestel wanneer die verdagtes amptelik om borgtog sal aansoek doen.

Krull se liggaam is Vrydag omstreeks 08:00 naby ʼn voerkraal op die plaas in die Kwelera-omgewing, noord van Oos-Londen, aangetref. Hy het twee steekwonde in sy bors gehad. Plaaswerkers het op sy liggaam afgekom en die polisie is ontbied.

Krull het die Donderdag omstreeks 19:00 die plaas in sy Toyota Hilux gepatrolleer voordat sy liggaam die volgende oggend gevind is. Krull se bakkie, selfoon en beursie is gesteel.

Volgens kapt. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, is twee van duie verdagtes reeds Vrydag in hegtenis geneem nadat Krull se bakkie in ʼn veld in die Middledrift-omgewing gevind is.

Die bakkie is gevind naby die huis van ʼn man wat vir Krull gewerk het, maar afgedank is. ʼn Derde verdagte het weggehardloop toe die polisie op die huis toegeslaan het. Die polisie het op gesteelde goedere beslag gelê.

Mqala het gesê die derde verdagte het homself Saterdag aan die polisie oorgegee.

Krull se broer, Alwyn, het aan die Daily Dispatch gesê sy broer het met Brahmane geboer. Alwyn is die eienaar van Sunrise Eggs wat op ʼn naburige plaas geleë is. Volgens Alwyn het sy broer die afgelope 20 jaar alleen die beesplaas bestuur.

Krull word oorleef deur drie broers en ʼn suster.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Diertjie ·

Geen Borg!!! As hulle borgtog kry gaan hulle net verder moor!!

Al ·

Ek stem! Ñ Onskuldige man het klaar sy lewe verloor oor gierige lafaards.

Nonnie ·

Dis mos wat die amptelike aanmoediging van die ANC is, by monde van Ace Magashule…….

Sarel ·

Geen Borg vir enige Gewelds Misdaad vzn watter asrd ookal. Diecpersoon moet na skuldigbevinding alle regte ontnefm word behalwe die van Suurstofdief

JohanR ·

Dit is wat gebeur het nadat die aanval op my ouers in Letsitele in 1995. Die gemors het somer gou borgtog gekry, en nie lank daarna nie toe ‘n bejaarde vrou op ‘n ander plaas naby Bela-Bela(ou Warmbad) verkrag en gemartel, en haar man gemartel en vermoor. Is toe eintlik lewens lank tronk toe gestuur, maar te laat vir ‘n bejaarde vrou en man. Hulle het gedink my Pa is oorlede, maar toe hy in die hof inloop om te getuig, het hulle verander van swart mans na witmans hulle het soe groot geskrik! My Pa in 2008 oorlede, het soe lekker gekry.

Karen ·

Mens sien hul nie weer want hulle gaan vlug. Borgtog vir moordenaars moet geskrap word. Geen moordenaars, verkragtet of dief moet die keuse hê van Borgtog.

Niklaas ·

Borg moet nie eers oorweeg word. Vlugrisiko. Hul verdwyn dan net om elders te gaan moor.

K P ·

Wonder of die anc tannies met die kopdoeke ook in hulle hordes aangery gaan word vir die saak of is daar te min kameras

JohanR ·

Ek neem aan K P jy praat van daai 8ste wonder van die wereld die ANCVL. Hulle leier is die 7de wonder van die wereld Bathbile Dlamini. Ek lag myself nou uit my skoene uit!!

Jannie van Niekerk ·

Hulle gaan onvoorwaardelik borgtog kry op ‘n bedrag van Nul rand omdat die regering, wat plaasmoorde goedgesind is, hierdie moord nie as ernstige misdaad sal beskou nie. Indien dit egter ‘n pa was wat sy kind ‘n pak slae gegee het omdat diè stout was, was die peroon se borg geweier omdat hy ‘n gevaar is die die samelewing.

Theresa ·

Se dinges man. Hoe arrogant kan julle net nie wees nie. Hang hulle aan die naaste boom!

Sê maar net ·

Hopelik trek ‘n paar honderd boere op na die hof vandag! En indien daar borg toegestaan word, sorg dat ‘n paar manne hulle heeltyd agtervolg. Elke stap wat hulle doen, elke beweging wat hul maak. Hou hulle die hele tyd dop. Jy hoef niks te doen nie. Bid miskien heeltyd kliphard. Wie weet, miskien maak dit ‘n verskil?

Willem ·

Die doodstraf is afgeskaf want ‘n sekere politieke partye sal dan ‘n helse klomp stemme verloor.

Hanlie ·

Ek kan nie glo dat sulke moordenaars kan aansoek doen vir borg nie. Die polisie werk hard om hulle in hegtenis te neem en die hof besluit doodeenvoudig hule mag borgtog kry. Dis mos belaglik verby!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.