Drie plaaswerkers sterf in ongeluk

Die pad tussen Piet Retief en die eMahlathini-grenspos (Foto: Skermskoot van Google Streetview)

Drie plaaswerkers is dood in ʼn ongeluk in Piet Retief in Mpumalanga.

ʼn Vragmotor wat plaaswerkers op die D1246-pad in die rigting van die eMahlathini-grenspos vervoer het, het Saterdag omstreeks 18:00 omgeslaan. Die eMahlathini-grens verbind die land met eSwatini naby Piet Retief.

“Die bestuurder van die vragmotor het vermoedelik beheer verloor oor die voertuig en dit het omgeslaan. Die slagoffers is op die toneel dood verklaar,” het Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, gesê. Die oorledenes is twee mans en ʼn vrou.

“Die bestuurder het matige beserings opgedoen. Een persoon het ernstige beserings opgedoen. Hulle is albei na die nabygeleë Piet Retief- provinsiale hospitaal geneem.”

Die voertuig se lisensieskyf het glo ook reeds verval en dit sal deel vorm van die ondersoek oor die ongeluk.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het versoek dat werkgewers moet seker maak alle werkers word veilig vervoer. Hy betuig sy meegevoel met die families en wens die twee beseerdes spoedig beterskap toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Werner ·

Hoop hulle ondersoek die toestand van die pad ook.Jou motor moet n lisensie he maar die paaie is onrybaar

Deon ·

“Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het versoek dat werkgewers moet seker maak alle werkers word veilig vervoer.” Is daar so tipe wet of is dit n wens? Was hulle aan diens? Ek verstaan nie die ‘statement’ nie

Nozi ·

Sjoe, ek hoop maar nie dit is die boer se trok wat hul vervoer het nie. Hier kom moeilikheid en baie compensation!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.