Drie polisiebeamptes in hof oor korrupsie

Argieffoto

Drie polisiebeamptes sal Maandag in die Durbanse landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van korrupsie nadat hulle na bewering ʼn stewige bedrag geld van twee vermeende verdagtes geëis het wat glo verbind word met die onlangse chaos in dié provinsie se taxibedryf.

Die polisiebeamptes, tussen 44 en 51 jaar oud, is Vrydag in Pinetown in hegtenis geneem nadat hulle na bewering R200 000 van die verdagtes geëis het.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die polisiebeamptes, wat betrokke is by die aangevoer dat hulle die verdagtes in verband met taxigeweld ondersoek.

Die twee verdagtes het die omkopery by die Valke aangemeld waarna die polisiebeamptes binne twee weke in hegtenis geneem is toe hulle die bedrag geld by ʼn winkelsentrum in Pinetown wou opeis, het Mulaudzi gesê.

In ʼn onverwante saak is ʼn voormalige staatsaanklaer Vrydag skuldig bevind aan korrupsie in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap.

Anele Kohlani (35) is met R60 000 beboet óf drie jaar tronkstraf opgelê vir sy oneerlikheid nadat Kohlani ook in April 2015 geld van ʼn verdagte, ʼn beskuldigde in ʼn aanrandingsaak, geëis het om die aanklagte teen die verdagte te laat onttrek. Sy eis is aangemeld waarna Kohlani minute ná die eerste betaling van R1 500 vasgetrek is, het Mulaudzi gesê.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het albei inhegtenisnemings verwelkom. Volgens Lebeya stuur dié voorvalle ʼn sterk boodskap aan diegene wat hul strategiese posisies misbruik vir eie gewin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

? leser ·

die oorgrootte meerderheid is te onnosel om die omkopery te laat vaar, hulle sal enigiets doen en belowe vir R10.00

willem Botha ·

Hulle is so onbevoeg hulle kan nie eers hulle kriminele aktiwiteite reg doen nie ,en party mense wonder nog oor hoekom die misdaad so hoog is en neul oor die klastige o.oo2 persent wat so toegewyd is .Twak hierdie hele spul is vrot en moet verwyder en vervang word .

marous ·

Elke dag is daar kommentaar dat nie almal oor dieslfde kam geskeer moet word nie . Waarom is die howe nie volgepak met eerlike opregte polisie beamptes en amptenare wat eis dat hierdie mense vir baie lank weggesit word nie ?

Trol ·

Intussen is die staataaanklaer herontplooi in Kzn wn sie polisiebeamptea soek nou huurhuise in kuruman.

Schalk ·

Tippie van ysberg bloot simptoom van huidige BEE EN SWART BEVOORDELING..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.