Drie polisiebeamptes vas ná hul glo omkoopgeld eis

Argieffoto: SAPD

Drie Gautengse polisiebeamptes word van onder meer korrupsie aangekla nadat hulle ’n groot bedrag geld van verdagtes geëis het in ruil daarvoor dat hulle nie vir beweerde bedrog in hegtenis neem word nie.

Ao. Charles Mgiba (50), sers. Obed Machevele (36) en sers. Clement Langutelani Mashele (34) het Dinsdag by ’n private woning in Midrand aangeklop en 10 000 Amerikaanse dollar van die verdagtes, wat na bewering verbind word met bedrieglike aktiwiteite, geëis.

Die trio het glo ook op skootrekenaars en selfone beslag gelê voordat hulle die verdagtes in ’n voertuig gedwing het.

Die polisiebeamptes het toe met hulle na ’n vulstasie in Sandton gery waar een van die verdagtes aangesê is om geld by ’n kitsbank te onttrek.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die saak is onmiddellik by die Valke in Germiston aangemeld en die polisiebeamptes is in hegtenis geneem toe hulle die geld in ontvangs geneem het.

Verdere ondersoek het intussen aan die lig gebring dat een van die polisiebeamptes ’n drasak met ’n dienspistool met ammunisie en boeie by die woning agtergelaat het.

Die polisiebeamptes is sedertdien in aanhouding.

Mulamu sê die polisiebeamptes het Woensdag in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, ontvoering en die verlies van ’n vuurwapen weens nalatigheid.

Die verdagtes verskyn weer volgende week in die hof wanneer hulle na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

Die Gautengse hoof van die Valke, genl.maj. Ebrahim Kadwa, het intussen die inhegtenisnemings verwelkom.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om enige polisiebeamptes wat na bewering betrokke is by kriminele aktiwiteite by die owerhede aan te meld. Dit dien as ’n voorbeeld vir alle misdadigers daar buite dat die publiek moeg is om bedrieg te word deur mense wat veronderstel is om hulle te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

tweeling ·

Dit klink of jy sommer enige persoon as polisie kan aanstel en daar vind geen keuring plaas nie.

Stephanus ·

As daar gesoek word na onder andere SAPS lede wat omkoopgeld eis, kan daar gerus na Waltloo liksensie kantore gaan kyk word. Mbalula se ekstra R250 is n vulletjie in vergelyking wat ge-eis word om hier gehelp te word.

Pablo ·

Die land het een kriminele nes geraak sedert 1994. Roof, moord ,diefstal, verkragting, rampokkery is al wat jy deesdae hoor en lees.
Op grond van wat het die polisie amptenare hulle bevordering gekry.

Blomme ·

Dis skokkend.. Was die Veiligheids- en die Weermagsdienste dan nie eens op ń tyd ń eerbare werk nie? Ek onthou hoe polisie en weermag amptenare met trots en pynlike netheid rondbeweeg het. Ook was hulle die persone wat jy met jou lewe kon vertrou. Waar het dinge dan so skeef geloop?

Mariana ·

Die antwoord lê reg voor die ANC se deur. Hulle het hierdie land vernietig.

melW ·

Ek het my land in uniform gedien vir 25 jaar en dis n wat ons moet aanvaar, dis bitter.

Skappie ·

Nee wat, dit gaan te lekker hier in Suid Afrika. Mense wat jou moet help beskerm, doen nou sulke dinge.

melW ·

Deesdae die norm, wat sal ons nog skok? Dis ń normale dag vir hulle. Skande

Skuilnaam ·

Wanneer gaan die mense besef dat die polisie korrup is? ALMAL van hulle! Ek het meer vertroue in ‘n dronk karwag as ‘n polisieman.

efjy ·

Volgens die media is daar oor die afgelope 4 of 5 jaar sowat 10,000 polisie lede in hegtenis geneem vir diefstal, inbrake, moord, verkragting, afpersing ens. 1 uit elke 200 is suksevol vervolg. Hierdie drie wat reeds goeie posisies beklee sal seker aangespreek word en dan bevorder word.

TO ·

Net gisteraand se ek vir iemand, daar word so maklik vingers gewys, maar as jy ‘n berig lees gaan dit oor ‘n Metro polisielid, staatsamptenaar, minister, polisie lid, weermaglede wat alweer bedrog gepleeg het, gesteel het, omkoopgeld geeis het. O nee regtig dan is die apartheidsjare se bedrog ‘n druppel in die emner

Willem ·

Ja en moeg om vertel te word dis ons wat onverantwoordelik met ons vuurwapens optree. Die polisie is veronderstel om ons teen misdadigers wat ons vuurwapens roof te beskerm maar hier is nou ‘n goeie voorbeeld van waarmee ons te kampe het: Die polisie omtvoer mense, eis omkoopgeld en smyt sommer op die koop toe ‘n wapen weg. Daar is mos baie waar daardie een vandaan kom. Kyk, ek is moeg vir die sirkus wat in hierdie land as regering ageer – báie moeg. Capexit. Com

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.