Drie polisiemanne vas vir korrupsie, ontvoering

Argieffoto

Drie polisiemanne, ʼn voormalige polisieman en ʼn burgerlike is Dinsdagaand in Johannesburg op aanklagte van dwarsboming van die gereg, afpersing en ontvoering in hegtenis geneem.

Die polisie het ʼn wenk ontvang oor beweerde korrupte aktiwiteite wat in die kelder van die Johannesburgse sentrale polisiestasie aan die gang was.

In ʼn verklaring het die Gautengse polisie gesê dat die stasie se bestuur, tesame met lede van die anti-korrupsie- ondersoekende eenheid (AKOE), ondersoek ingestel het en vyf mans in die kelder aangetref het. Die mans het beweer dat hulle daar toegesluit is nadat die polisie op ʼn familielid se paneelwa beslag gelê het.

Die paneelwa was blykbaar gelaai met saamgeperste dagga uit Swaziland en die polisielede, wat nou in aanhouding is, was bereid om die paneelwa aan hulle terug te besorg in ruil vir kontant.

Die verdagtes het by die toneel aangekom terwyl die AKOE-lede steeds besig was om die vyf mans in die kelder te ondervra. Die verdagtes is deursoek en geld is in hul besit gevind. Die verdagtes kon nie sê waar hulle die geld vandaan gekry het nie.

Hulle is op die toneel in hegtenis geneem.

Lt. Elias Mawela, die Gautengse provinsiale kommissaris, sê die Suid-Afrikaanse Polisie is tans besig om die sisteem reg te ruk en alle korrupsie binne die polisie te ontwortel. “Die inhegtenisneming is ʼn streng waarskuwing aan polisiebeamptes wat dit dalk oorweeg om by korrupte aktiwiteite betrokke te raak. Ons sal nie twee keer daaroor dink om hulle vas te vat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Claudia ·

Skrikwekkend om al hoe meer te Lees van polisiemanne betrokke by misdaad! Daar is sooo baie werkloses wat wil werk!!!

Albert ·

Daar is der duisende van hulle, maar net sekere word vas getrek

schaun ·

Die puntjie van n groter ysberg as wat die titanic gesink het

Willem Grobler ·

Wat in hierdie land is nie deur die ANC en sy ontplooide kaders opgefoeter nie? Ek sal hiervandaan alles in my vermoë doen om so min as moontlik belasting aan hierdie rampokkerbende wat as ‘n regering maskereer te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.