Drie ‘polisiemoordenaars’ vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in KwaZulu-Natal het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met Dinsdag se voorval waar een polisiebeampte dood en ʼn tweede beseer is nadat hulle oorval, ontvoer en geskiet is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Woensdagoggend in Mariannhill buite Pinetown in hegtenis geneem nadat inligting van die publiek ontvang is.

“Die polisie het op drie vuurwapens, waarvan twee wat van die polisiebeamptes gesteel is, beslag gelê.” Volgens Zwane is die verdagtes tussen 18 en 26 jaar oud. Hulle sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord, poging tot moord, roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en ontvoering.

Zwane het vroeër gesê die twee polisiebeamptes is Dinsdag omstreeks 12:50 na die Namibia- informele nedersetting waar hulle ʼn beskermingsbevel wou uitvoer. Met hul aankoms by die huis is hulle deur drie verdagtes oorval en hul vuurwapens is afgeneem.

Volgens Zwane het die verdagtes die polisiebeamptes gedwing om hul uniforms uit te trek waarna hulle agterin die vangwa gegooi is. “Die verdagtes het met die beamptes na die Ngcungcwini-gebied gery en hulle geskiet. Een van die beamptes is op die toneel dood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fourie ·

Hierdie gemors verdien nie om te leef. Hang die Vuilgoed!! Bring terug die doodstraf!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.