Drie Pretoria-studente dood ná ongelukke op selfde plek

Die ongeluk waarin Marinus Janse van Rensburg en Machané Dupper oorlede is. Foto: Netcare911

Die ongeluk waarin Marinus Janse van Rensburg en Machané Dupper oorlede is. Foto: Netcare911

Die opleidingsinstansie Sol-Tech is in rou gedompel nadat drie van hul studente in twee afsonderlike motorongelukke op dieselfde plek in Pretoria dood is.

Marinus Janse van Rensburg (20), Machané Dupper (21) en Ruaan Burnett (22) is al drie oorlede, terwyl Jaco Steyn (20), ook ʼn Sol-Tech-student, in ʼn ernstige toestand in die hospitaal is.

Marinus, Machané en Jaco was op 6 Julie in ʼn motorongeluk in Van der Hoffweg in Pretoria Tuine. Die ongeluk het op ʼn berugte plek plaasgevind waar die pad ʼn gevaarlike S-draai maak naby ʼn plek waar ʼn treinspoor oor die pad gaan. Dit is nie duidelik presies hoe die ongeluk plaasgevind het, maar al drie studente het ernstige beserings opgedoen.

Hansie Janse van Rensburg, Marinus se pa, het aan Maroela Media gesê hulle het omstreeks 01:00 die oggend ʼn oproep van die ongelukstoneel af gekry. Marinus is per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer, maar is 30 minute ná sy aankoms by die hospitaal oorlede. Machané het ook aan sy beserings beswyk.

“Hy het ernstige borsbeserings opgedoen en sy hart het vier keer gaan staan vandat die ongeluk gebeur het totdat hy dood is,” het Hansie gesê. “Darem kon ons hom nog by die hospitaal sien en groet voordat hy weg is,” het hy hartseer gesê.

“Hy was my beste tjom en alles in my lewe. Ek en sy ma weet ons moet aangaan en sterk wees vir ons twee dogters, maar dit is so moeilik om sy dood te verwerk. Hy was so ’n opgewekte en saggeaarde kind en ongelooflik behulpsaam. Hy wou net altyd almal help. Ons mis hom elke dag.”

Marinus het studeer om ʼn dieselwerktuigkundige te word, terwyl Machané as meulmaker opgelei is. Albei is op Vrydag 10 Julie begrawe.

Minder as twee weke later is Ruaan op 19 Julie op dieselfde plek in ʼn motorongeluk oorlede. Hy was glo alleen in die motor toe die ongeluk omstreeks 01:00 gebeur het.

Intussen het Marilette Steyn, Jaco se ma, gesê dat haar seun steeds in die waakeenheid van die Netcare Montana-hospitaal behandel word. “Hy is wakker, maar daar is buise in sy keel wat hom ventileer, so hy kan glad nie praat nie. Hy kon nog niks sê om te verduidelik hoe die ongeluk gebeur het nie,” het sy gesê. Jaco het verskeie beenbreuke, ʼn skedelbreuk en brandwonde opgedoen.

Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, het die dood van die drie studente betreur en gesê daar heers ʼn somber atmosfeer op die kampus. “Hierdie studente laat ʼn leemte in die Sol-Tech-familie. Ons gedagtes gaan ook uit na Jaco Steyn wat ernstig beseer is en ons hoop dat hy vinnig sal herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ladybug ·

Marinus, tannie het jou nooit geken nie, want families val mos maar so uitmekaar. Ek glo dat jou dood nie verniet was nie, dat jou lewe nie verniet was nie en dat jy veilig rus by Jesus.

Hansie en Alida, ons sien mekaar min, maar my hart is seer saam met julle, want ek glo GEEN ouer moet OOIT in hierdie Lewe sy kinders begrawe nie.

Baie sterkte aan almal van julle

Alida Janse van Rensburg ·

Baie dankie vir u boodskap. Kan u ons asb net se wie is u want ons onthou nie almal nie. Baie dankie vir u boodskap. Ons wardeer dit uit ons hart. Ons harte is maar nog stukkend en seer.

Hansie & Alida

Debs ·

My hart gaan uit na hierdie ouers toe …. dit breek my as ek elke keer lees van hoe jonk die kinders is en dood verongeluk ….. weet net die Here pluk sy mooiste blomme. ek het ook my ma so skielik verloor …. dit gaan nooit weg nie maar jy weet sy kyk vir jou vanuit die hemel. so ook sal hierdie kinders oor julle waak van Jesus se Engele koor af. Ek bid dat julle sal krag kry om deur hierdie pyn en seer te kom.. en ook alle Sterkte en Voorspoed vir ‘n spoedige herstel vir Jaco…. Sterkte julle !

johanette ·

Baie sterkte aan julle. Hoekom doen hulle nie iets aan die pad as hulle weet dit is so gevaarlik nie. Moet so iets dan nou eers gebeur voordat daar iets gedoen gaan word.

tina ·

daai pad al vir jare so,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,, duisende mense al daar gesterf, ja iets moet gedoen word!

jandre Botha ·

Dit was vir ons by Sol-Tech n baie groot skok. Ons het in die kinders ingegeroei en sal hulle beslis baie mis. Baie sterkte aan die ouers en vriende – Mens weet regtig nie wat om te sê nie maar weet wel dat hulle troos sal vind by ons Hemelse Vader

Zuan de beer ·

Ons gaan ons vriende baie mis sterkte aan al die ouers en die familie

Lin ·

My innige simpatie met Almal betrokke . Ek KAN glad nie verstaan hoe ons jeug deesdae so weggeruk word Van ons nie. Het iemand Al deur ondersoek probeer vasstel, WAAROM ons KINDERS op sekere plekke so verongeluk? Dit is NES die Potch pad wat studente altyd gebruik?As jy hoor het studente verongeluk ? DALK is of VRA EK uit my plek? Maar word Ons jeug Nie geteiken NIE ?

Peet Schabort ·

Dis ‘n groot bekommernis Lin dat ons jongmense so sterf in motorongelukke. Ek glo nie dat dit alles te wyte is aan onverskilligheid maar wel ook aan ‘n gebrek van bestuursvaardigheid?
Daar sal iets daadwerkliks aan dit gedoen moet word. Ek het gereeld aan tydrenne deelgeneem wat jou leer om jou voertuig te hanteer. Dalk het die gebrek aan bestuur op grondpaaie ook te doene hiermee.
Sterkte aan die naasbestaandes met die hartseer.

dries ·

Baie jammer vir die gesin, maar gaan staan daar vir n paar minute en jou asem slaan weg as jy sien wat n spoed die mense daar ry. Moet ook nie spoed tekens gehoorsaam nie dan word jy gevloek.

Elizma ·

Aan my geliefde vriend , lewe , en liefde Marinus . Ek weet j is nou op beter plek .Ek het jo belowe ek sal seker maak jou familie is okay …..
My hart gaan uit aan die ouers wat hulle kosbare kinders verloor het en weet net God hou hulle nou veilig langs hulle ….
Wees sterk .
God is hier met ons en saam ons al lyk dit nie so nie .

Marchant Olivier ·

Dis hartseer om so te hoor iemand wat net minder as 6 maande terug nog saam jou in die werkswinkel gestaan het en geleer het is op so tragiese manier oorlede. RIP Ruaan en die ander twee seuns. Sterkte aan die families

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.