Drie Pta-kitskosrestaurante gelyktydig beroof

Montana Crossing. Argieffoto: www.mallguide.co.za

Montana Crossing. Argieffoto: www.mallguide.co.za

Drie kitskoskosrestaurante is Sondagaand in die noorde van Pretoria gelyktydig beroof, kort voor sluitingstyd.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn groep van vier tot vyf gewapende mans het omstreeks 20:45 op die Montana Crossing-winkelsentrum toegeslaan en aangedring op geld by werkers van die Debonairs, Steers en Fishaways-kitskosrestaurante. Dié restaurante is langs mekaar geleë.

“ʼn Skoot is tydens die rooftog afgevuur en ʼn lid van die publiek, vermoedelik ʼn werker by een van die restaurante, het ʼn vleiswond opgedoen. ʼn Ambulans is ontbied om die persoon te behandel,” het Van Dyk gesê.

Die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid geld in ʼn westelike rigting gevlug in ʼn ligblou motor.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

Hulle sal gelyk geroof word want jy staan net ‘n 3 verskillende rye. so hoekom net roof as hulle al 2 gelyk kan roof?

Sid ·

Ag shame Charmaine, hoe kom moet almal die skuld kry wat werk by die eet plekke. Almal is nie skelm nie. Ek is seker jy koop ook vining ‘n burger en chips by ‘n kitskos winkel , wat weet jy wat ander nie weet nie. Moenie net beskuldig nie, baie werk omdat hulle ook kos op die tafel moet sit moontlik vir honger kinder en ouers

zoom zoom ·

Hulle maak net hulle kerskouse vol. Dit is mos nou weer daai tyd van die jaar .

Karin ·

Ek die Polisie moeg sigbaar raak en diens by die hoofstrate doen en Nie op wegsteek padjies mense in die nag probeer aftrek Nie want hulle is Nie sigbaar Nie en hulle kan dit voorkom maar verkies om mense AF te trek en Dan mense sleg te behandel en te dreig met toesluit en Dan will hulle geld he. Ek het verneem van mense wat sonder rede afgetrek was laat aand op baie stil pad en daar was gevra vir geld . gelukkig het die mense gese kom saam polisiestasie toe en toe los die Polisieman hulle

Kotie ·

Hoop persoon is oraait wat geskiet is. Dit gaan net meer gebeur, kersfees is om die draai.

Yvonne ·

Dit is weer kerstyd kan daar ni gereel word vi sekuriteit by winkels wat laat toe maak ni veral in sentrums.

Petro ·

Dis omdat party eienaars van hierdie tipe plekke te suinig is om ordentlike sekuriteit te kry. Hulle werkers is “sitting ducks”…ek weet…het vir so ou gewerk jare terug….

Heleen Koekemoer ·

Dit is nou maar so: Die noorde van Pretoria het ‘n mekka vir misdadigers geword Nadat daar hierdie jaar by feitlik elke huis in ons area ingebreek is, kan die polisie nog steeds nie die boosdoeners vasvat nie. En die sekuriteitsmaatskappye voer ook niks uit nie. Moenie my laat lag nie. Hulle wil nie. Het hulle nie dalkies ‘n vinger in die “pie” nie? Ek vra maar net. Ons het ‘n land van wetteloosheid geword!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.