Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het Saterdagoggend aan Maroela Media gesê die twee kalfies se karkasse is laat Vrydagmiddag deur ʼn wildbewaarder en groep toeriste gevind. Hulle horings is verwyder. Mills sê die koei, ongeveer 14 jaar oud, se karkas is Saterdagoggend gevind. Haar horing is nie verwyder nie. “Ons vermoed die stropers is gesteur en het gevlug.” Mills sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Sy sê lede van die Valke is steeds op die toneel.
Die departement van omgewingsake het verlede week aangekondig dat 172 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is. Volgens die organisasie Outraged South African Citizens Against Poaching (Oscap) is daar egter reeds 189 renosters vanjaar gestroop.
Dit is aaklig. Oortreders moet ontman word & lewenslank tronkstraf kry. Renosters sal moet beskerm word 24/7
Ek haat hierdie ‘poachers’ hoekom aanhou om ons pragtige diere dood te maak!! Save the rhino and shoot the poacher