Drie renosters by reservaat in Oos-Kaap gestroop

Argieffoto

Argieffoto

Die karkasse van twee renosterkalfies en ʼn koei is in die Pumba-wildreservaat buite Grahamstad in die Oos-Kaap gevind.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het Saterdagoggend aan Maroela Media gesê die twee kalfies se karkasse is laat Vrydagmiddag deur ʼn wildbewaarder en groep toeriste gevind. Hulle horings is verwyder. Mills sê die koei, ongeveer 14 jaar oud, se karkas is Saterdagoggend gevind. Haar horing is nie verwyder nie. “Ons vermoed die stropers is gesteur en het gevlug.” Mills sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Sy sê lede van die Valke is steeds op die toneel.

Die departement van omgewingsake het verlede week aangekondig dat 172 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is. Volgens die organisasie Outraged South African Citizens Against Poaching (Oscap) is daar egter reeds 189 renosters vanjaar gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anne ·

Ek haat hierdie ‘poachers’ hoekom aanhou om ons pragtige diere dood te maak!! Save the rhino and shoot the poacher

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.