Drie renosters in Limpopo gestroop

Argieffoto: Susan Scott

ʼn Volskaalse soektog na ʼn groep renosterstropers is in Limpopo van stapel gestuur.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die soektog volg nadat drie renosters op ʼn wildsplaas in die Cumberland-gebied, buite Lephalale (Ellisras), vir hul horings doodgemaak is.

“Die karkasse is ontdek nadat plaaswerkers aasvoëls in die lug sien vlieg het. Hulle het gaan ondersoek instel en gesien al drie die renosters is gestroop,” het Ngoepe gesê.

Die verdagtes is onbekend en die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie in hul ondersoek by te staan.

Mense wat verdagtes gewaar of weet wie die stropers is, word versoek om ao. Moolman by 072 534 5383 of hul naaste polisiestasie of 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liezl ·

Kan Limpopo nie as ‘n ‘rampgebied’ verklaar word nie….als gebeur dan daar. Ek’s jammer vir julle. Mag die Vader Sy hand oor julle hou en beskerm teen enige vorm van geweld in die Naam van ons Vader. Ek vra dat ons ernstig sal bid vir Limpopo, mag daar Engele rondom julle huise waak, mag daar Engele rondom die grond waak. Ons eis vrede, liefde en herstel terug in Limpopo. Efesiers 6:11 “Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op jul pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.”

HB ·

Dit maak my briesend en hartseer gelyk. Besef die boosdoeners nie dat renosters hul horings vir beskerming gebruik nie ? Net vroeer in die week is ‘n video geplaas waar ‘n onthoringde renoster homself nie teen ‘n seekoei kon beskerm nie…….en tog is die horing verwyder om die renoster te beskerm teen die stropers. My hart bloei vir ons renosters en ander wilde diere wat so onnodig uitgeroei word. Ek het geen simpatie met stropers wat doodgeskiet word nie. Hulle kry presies wat hulle verdien.

Lizelda ·

“All in the name of money!” So wreed en so hartseer, ai.

Leendert ·

Ja, dan lees ek vandag van ‘n seekoei wat ‘n renoster gedood het. Die renoster wou by ‘n watergat drink, en daar het die seekoei, wat die gat beskerm het, die renoster aangeval en met haar tande deurboor. Die renoster kon homself nie verdedig nie (die sou in normale omstandighede kleingeld van die aanval gemaak het), maar die renoster was onthoring om hom van stropers te beskerm. Dit is ons nou waar ons is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.