Drie renosters in Oos-Kaap gestroop

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die karkasse van drie witrenosters is Maandag in ʼn private wildreservaat naby Oos-Londen in die Oos-Kaap gevind.

Div de Villiers, provinsiale direkteur van die Groen Skerpioene, het gesê hulle ondersoek die voorval. Die Valke was ook op die toneel.

Die karkasse is in die Tyityaba-wildreservaat gevind. Die polisie in die Oos-Kaap was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.