Drie renosters in KZN gestroop

renosterhoringLSDrie renosters is Saterdag helder oordag by ʼn wildreservaat in KwaZulu-Natal deur stropers onthoring.

The Witness-koerant het Maandag berig twee van die renosters is dood en ʼn derde het die aanval oorleef en is besig om te herstel. Die renosters se karkasse is naby die reservaat se hoofhek aangetref.

Divan Vermaak, die hoofwildbewaarder, het aan die koerant gesê die renosters is die afgelope week in die aande streng dopgehou. “Dit is volmaan, so ons het hulle nie in die aande uit ons sig gehad nie,” het Vermaak gesê. Hy meen dit is die rede waarom die stropers helder oordag toegeslaan het.

Die renosters is verdoof voor hulle onthoring is.

Die reservaat is naby Pietermaritzburg geleë. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Ek hoor net van al die moderne toerusting en al die baie geld wat orals ingesamel word, maar ek hoor NIKS dat enige renoster se lewe gered word nie…………….?????????!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.