Drie ‘renosterstropers’ dood in reservaat

Foto: IPSS Medical Rescue

Foto: IPSS Medical Rescue

Drie vermeende renosterstropers se liggame moes Donderdag tydens ʼn drie uur lange operasie uit ʼn diep ravyn in ʼn dig beboste gebied in die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal gehaal word.

Richard Schouten van IPSS Medical Rescue het aan Maroela Media gesê die drie mans is Woensdagoggend glo tydens ʼn skietgeveg met veldwagters doodgeskiet. “Soos ons verstaan, het veldwagters die vermeende stropers in die reservaat opgemerk. Die verdagtes het op hulle geskiet en die veldwagters het uit selfverdediging teruggeskiet. Die verdagtes is noodlottig gewond,” het Schouten gesê.

Foto: IPSS Medical Rescue

Foto: IPSS Medical Rescue

Hy het gesê die liggame van die verdagtes was op ʼn baie moeilik begaanbare plek waar die polisie se forensiese eenheid nie kon kom nie. Boonop was die weer Woensdag van so ʼn aard dat die reddingsoperasie noodgedwonge opgeskort moes word. Werkers het deur die nag by die liggame gewaak om seker te maak dat dit nie deur wilde diere beskadig word nie.

Volgens Schouten is die reddingsoperasie Donderdag hervat. “Reddingswerkers moes die liggame te voet deur die digte bos dra tot by ʼn gebied waar die liggame deur ʼn helikopter opgehys kon word. Die helikopter het dit na ʼn plek geneem waar dit aan die forensiese eenheid oorgegee is.”

Foto: IPSS Medical Rescue

Foto: IPSS Medical Rescue

Schouten kon nie bevestig of vuurwapens in die oorledenes se besit gevind is nie, maar het gesê toerusting wat normaalweg gebruik word om renosters mee te stroop, is wel in hul besit gevind. “Die mans was ook baie diep in die reservaat wat die vermoede nog meer versterk dat hulle daar was om renosters te stroop,” het hy gesê.

“Ongeveer 23 renosters is vandeesmaand in daardie park gestroop. Mense besef nie hoe erg dit is nie. Ons verloor letterlik elke dag renosters aan stropery. Ongelukkig is die geld wat hierdie [stropers] vir die horings kry van so ʼn aard dat dit hulle net aanvuur om hierby betrokke te wees.”

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jakes ·

Mannekrag en koste vermorsing. Die aasvoëls en hëinas se kos weggevat. Maar ja, sou uitloop dieremishandeling om te eet aan daardie gemors.

gunther ·

Goeie werk die gemors daar gelos het hoekom nog geld en tyd mors

CAV ·

Hulle moes sommer die stropers se lyke net daar gelos het, en nie nog geld spandeer om dit te gaan haal het nie

Sanette ·

23 vandeesmaand net in daardie park gestroop? Drie minder renoster stropers – well done!

zahn ·

Hulle was nie toeriste nie, het nie toegangskaartjies byhulle gehad nie, het nie toestemming gehad om daar te wees nie, sodit is genoeg gronde om hulle ten minste te arresteer. En as hulle dan nou sou waag om ‘n klip op te tel…
Selfverdediging is die veldwagter se enigste versekering dat hy more nog daar sal wees. Gun nie wagters hul regte ook.

Marietjie ·

Welgedaan! Hou so aan om die tropers te skiet. Dan kry mens die gemors uitgeroei.

Kiepie ·

Die verdagtes het op die veldwagters begin skiet en is in die daaropvolgende skietgeveg doodgeskiet maar daar kan nie bevestig word of hulle vuurwapens by hulle gehad het nie. Okey.

Cherokee ·

Wel Kiepie, na ek geglimlag het vir jou koel sarkasme het dit opgeval dat die bedoeling ook kon wees dat daar meer van hulle kon wees wat met die guns die pad gevat het. Ek hoop egter nie dat dit so was nie. Ek hoop dit was die einde van die hele groep.

Gavin ·

Moes hulle daar gelos het vir die knaagdiere. Wonderlikke nuus om die naweek te begin

Speedguard ·

Hou maar dop die berig verwys nie na “Renosterstropers” in aanhalings tekens om dowe neute aan nie, lyk vir my daar is ‘n vermoede!!

Neels Nel ·

Pragtig…wet van Afrika word nou toegepas…sê al lankal hulle moet Drones gebruik met FLIR…en die “wild” op 2 bene in die nag doodeenvoudig uithaal…en los vir die aasvoëls. Hulle is nie daar om na diertjies te kyk nie

Perdekrag ·

Wel gedaan en gaan so voort met die uitroei van stropers, eindelik goeie nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.