Drie ‘renosterstropers’ in Mpumalanga vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Drie vermeende renosterstropers is Vrydag in die vroeë oggendure in Acornhoek, Mpumalanga, vasgetrek.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee Suid-Afrikaanse mans van onderskeidelik 30 en 38 jaar oud en ʼn 32-jarige Mosambieker is vir twee aparte sake wat met renosterstroping verband hou in hegtenis geneem.

“Een van die Suid-Afrikaners en die Mosambieker is by hul huise vasgetrek en daar is op ʼn .416-jaggeweer en ʼn knaldemper beslag gelê. Hulle is aangekla vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen,” het Naidoo gesê.

Die ander Suid-Afrikaner is kort daarna in hegtenis geneem en daar is op ʼn .38 Special-rewolwer, koeëls en ʼn byl wat by sy woning gevind is beslag gelê.

Al drie verdagtes sal Vrydag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.

“Terwyl ons die voetsoldate [van renosterstroping] teiken, sal ons aanhou om op die leiers van hierdie kriminele onderwêreld te fokus, want hierdie mense skep die mark vir hierdie produkte,” het Naidoo gesê. “Daarom is omgewingsmisdade, veral renosterstroping, as een van die prioriteite van die streekspolisiehoofdekomitee van Suidelike-Afrika gelys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarooKlong ·

Pleidooi aan Streekspolisiehoofdekomitee: Lys asseblief moord en/of poging tot moord op Blankes ook as ‘n prioriteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.