Drie renosterstropers in Polokwane vasgetrek

boeie 5Volgens die Limpopo polisie is drie vermeende renosterstropers Vrydag in Polokwane gearresteer.

Brigadier Hangwani Mulaudzi het gesê die verdagtes was na bewering op pad om renosters in die Vaalwater-gebied te stroop.

ʼn Geweer, byl en saag is glo by hulle gevind.

Volgens Mulaudzi word die moontlikheid ondersoek of die verdagtes gekoppel kan word aan vorige gevalle van renosteropery in die provinsie.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die hof verksyn.

–   Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.