Drie ‘renosterstropers’ vas ná skoot

Die renosterhorings wat in die verdagtes se besit gevind is. Foto: SAPD

Die renosterhorings wat in die verdagtes se besit gevind is. Foto: SAPD

Wildbewaarders van die Klaserie-natuurreservaat naby Hoedspruit in Limpopo het Dinsdagmiddag drie vermeende renosterstropers vasgetrek.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn wildbewaarder het omstreeks 14:00 ʼn skoot in die reservaat gehoor en gaan ondersoek instel. “Die span het die verdagtes se spoor opgemerk en begin volg,” het Otto gesê.

Die drie verdagtes is omstreeks 16:30 aangekeer en aan die polisie oorgegee. ʼn Ongelisensieerde jaggeweer, ammunisie en renosterhorings is in hul besit gevind.

Otto het gesê een van die verdagtes is ʼn plaaslike inwoner en twee is van Mosambiek. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van renosterhoring en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tiger ·

Ek hoop die SAPD gaan die saak deeglik ondersoek om vas te stel waar die jaggeweer vandaan kom want dit is duidelik die stropers was goed toegerus vir renoster jag te oordeel aan die fotos in die berig.Die Mosambiekers moet dubbel die normale vonnisse gegee word se ek.

Irene ·

Hoekom raak regering nie ontslae van al die mosambiekers in ons land die altyd probleme met hulle

m ·

Hierdie lande het hierdie spul in die struggle gehelp so daar is geen manier wat hulle ooit hierdie mense sal verban uit SA nie. Almal is mos welkom in hierdie land.

ANDRE ·

Ek wonder hoe gaan dit lyk as al die onwettige immigrante landuit is. ???

KarooKlong ·

Stil oop strate met mense met selfone teen die oor, handsak oor die skouer, ……

Theo van Zijl ·

Hoe gaan dit lyk as al die onwettige immigrante landuit is ? . . . . Flippen awesome man !!!!

Willie ·

Gaan doen dit nou in hulle land, dan sien jy wat gebeur met jou…. Mandela het die poorte oop gegooi met die dat sy vrou van daar af kom….

Ben Prinsloo ·

Hulle verweer gaan seker weer wees die polisie het alles daar geplant om hulle skuldig te kry of hulle is honger en werkloos nou moet hulle roof en plunder om vir hulle gesinne te sorg.

Stephan ·

So net na half een nog n renoster verloor, vandat 11000v elektriese drade geknip is, 15min, toe is hulle in, renoster geskiet, onthoring asook weggekom. Het sy klere en n tang gevind, of was dit doelbewus geplaas? Net buite Standerton.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.