Drie ringkoppe moet e-tol-debakel oplos

e-toll

Argieffoto.

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn taakspan bestaande uit die minister van vervoer, Fikile Mbalula, die minister van finansies, Tito Mboweni en die Gautengse premier, David Makhura, aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die Gautengse e-tol-stelsel te vind.

Met slegs 22% van gebruikers wat e-tol-rekeninge betaal en die ANC wat teen ʼn groot spoed stemme in Gauteng verloor, het ʼn openbare stryery oor e-tol die afgelope naweek tussen Makhura en Mboweni uitgebreek. Makhura wil die stelsel skrap, maar Mboweni wil dit behou en sê daar is nie geld om paaie andersins in stand te hou nie.

Met Mbalula nou ook op die taakspan, hel die waarskynlike uitslag van die gebeure oor daarna dat die stelsel wél geskrap gaan word. Mbalula het reeds verklaar dat hy wéét mense wil daarvan ontslae raak.

Waar die geld vandaan gaan kom om vir die opgraderings aan hoofweë te betaal, weet nugter.

In ʼn verdere belangrike besluit het die kabinet die wetsontwerp aanvaar wat nasionale gesondheidsversekering sal daarstel. Eweneens is daar baie vrae oor waar die geld dáárvoor vandaan gaan kom.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sal Vrydag in die parlementêre debat oor sy begrotingspos meer duidelikheid gee. Hy sal ook vroeg volgende week met rolspelers vergader om dit te verduidelik.

Die kabinet het besluit dat die plan in fases geïmplementeer gaan word.

Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse internetgebruikers is dat die Suid-Afrikaanse regering, in samewerking met die inligtingstegnologiereus Google, ʼn hoëspoed-datakabel van Portugal na Suid-Afrika gaan aanlê.

Dit gaan addisionele kapasiteit skep en internetgebruik versnel.

Mthembu het namens die kabinet die stem dik gemaak oor munisipaliteite waar wanbestuur, korrupsie en geldmorsery voorkom. Hy het die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, aangemoedig om oortreders aan te kla of hulle te beveel om geld wat wanbestee is, persoonlik terug te betaal.

Toe aan hom uitgewys is dat ʼn groot deel van die probleme in stadsrade op ʼn politieke vlak lê, met raadslede wat byvoorbeeld aanstellings moet goedkeur, en dus gevra is watter instruksie die regerende party uit die kabinet laat hoor, kon Mthembu nie antwoord nie.

Hy kon net onderneem dat die minister van samewerkende regering, dr, Nkosazana Dlamini-Zuma, ʼn aankondiging gaan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andreas ·

Dit sal nou interessant wees om te verneem hoe die Suid-Afrikaanse regering betrokke gaan wees. Dan, natuurlik as mens bvvoorbeeld ‘n nuwe brug inwy, word ‘n lint geknip wat oor die brug gespan is, as mens ‘n skip “inwy” word ‘n bottel sjampagne teen die boeg gebreek, nou as die regering die nuwe kabel “inwy” sal die SA minister van internasionale betrekkinge, Dr Naledi Pandor seker die kabel knip.

Andreas ·

Dit natuurlik met die inwyding van Google se nuwe hoëspoed-datakabel.

Susan ·

Laat diegene wat korrupsie gepleeg het en miljoene in hulle eie sakke gesit het opdok. Daar word miljoene spandeer met hofsake oor korrupsie maar daar kom dadels van

Janmal ·

As hulle hier gelees het sou ek graag wou sê “Minister Mboweni moenie so geldgierig wees nie. Motoriste betaal alreeds met elke liter brandstof, elke lisensie en rybewys hernuwing, elke sent BTW vir die instandhouding van paaie.
STOP DIE SOUSTREIN!
STOP SIE GRATIS BEHUISING!
STOP DIE GRATIS KRAG EN KRAGDIEFSTAL!
STOP DIE GRATIS DIENSLEWERING!
STOP DIE GRATIS TERSIÊRE OPLEIDING!
STOP DIE GRATIS TV’S MET GRATIS LISENSIES!
STOP DIE KINDERTOELAAG!
VERKLEIN DIE KABINET!
VERMINDER DIE LEKKER “DOEN NIKS” WERKERS IN STAATSDIENS!
Om maar n paar te noem. Dan sal die geld wat ons op soveel maniere betaal vir goeie instandhouding van paaie, wel vir paaie se instandhouding gebruik kan word. Gemeenskappe wat geen munisipale dienste betaal nie, kan nie gaan breek en brand vir teerpaaie nie. Verduidelik mooi stadig aan hulle, in voorheen blanke woonbuurte het ons erfbelasting en munisipale dienste betaal wat vir die instandhouding van ons dorpe aangewend moet word maar wangebruik word om die breek en brand skade te herstel. Almal is nie arm nie! Maar die minderheidsgroepe is vuisvoos betaal!

Koos de Meyer. ·

Waar gaan ons lisensie geld heen. In die vorige bedeling was die paaie met daardie geld gebou en onderhou. Daar is baie meer voertuie wat lisensies betaal as in die verlede. Dan is daar behalwe die voertuig lisensie nog ‘n admin fooi van R72 wat veronderstel was om eenmalig R30 vir die aarto sisteem te wees. Nou wonder hulle waar gaan die geld vandaan kom.
.

Jacques ·

Ek stem met jou saaam, ons betaal lisensies en amper die helfde van die petrolprys is belastings om paaie te onderhou. Hoe kan daar nie geld wees nie? As die regering droogmaak met die geld, is dit nie ons probleem om die geld te verskaf nie, ons het reeds.

Gert van Wierdapark ·

Die drie “Ringkoppe” moet na die logika en “common sense” van verbruikers organisasies soos OUTA en ander luister, asook na veral die inwoners van Gauteng. My geld is dus op premier Makhura en mini-ster Mbalula om die korrekte ingeligte besluit namens die meerderheid SA-ners te neem. Party politieke balanseertoertjies moet buite rekening gelaat word. Min Tito is op sy eie missie en staan dus Ge-ring en alleen!!!

koos1 ·

Maar dis mos nou die einste Cyril wat die vorige taakspan gelei het en aanbevelings gemaak het oor die E-tols, waarvan niks gekom het nie. Aai die ANC herontwerp die wiel elke week maar vergeet van die speke om die wiel te laat draai.

ne ·

@Koos de meyer. Dit is my vraag ook – en skynbaar kan niemand jou sê hoeveel geld van lisensies af ingevorder word nie. Is dit weer vir een of ander kader se sak bedoel?
Die R72 admin fooi sou oorspronklik vir die sisteem gewees het, maar hulle skep so lekker die mense MOET maar net nog steeds betaal.

Niccy ·

Kom nou DA en ander opposisie vind bietjie uit oor lisensie gelde en admin fooi vir elke lisensie. Maak ‘n bietjie somme om uit te vind hoeveel voertuie op ons paaie is.
Sal Maroela Media ons ook bystaan om uit te vind of die geld reg aangewend word asb. Dan weet ons tenminste hoekom ons betaal.

Riaan ·

Jy terg jouself as jy hoop die da gaan enige iets doen. Hulle is deel van die probleem want hulle is nie ” oposisie” se dinges nie. Is da nie dalk deel van die probleem nie?

Gert ·

Is mos maklik verhoog maar net weereens die petrol ons sal mos maar betaal , en hulle weet dit ons staan in n doodloop straat.

Sakkie ·

Daar was al van die sewentigs heffing op branstof gehef vir die instandhouding van die paaie.

FrenchPeteers ·

Tot in die laat 90’s was ons paaie, water toevoer, hospitale, ens, ens betaal uit die jaarlikse belasting wat almal wat gewerk het, betaal. Die paaie se onderhoud en gebrek aan onderhoud is nie veronderstel om van enige ander bron te kom as ons belasting geld. Ons het met 14 000 000 mense in die land gesit teenoor 60 000 000 nou. Nog geen paaie is eers groter gemaak en beter vir verkeer. Dit moes alles van ons belasting geld gekom het, nie e-tol of lisensies of petrol of enige ander bronne nie. E-tol was op ons afgedwing en nou skierlik word daar gevra waar gaan die geld vandaan kom as hulle dit opskort???

Huh ·

Jan-Jan, jou berig se opskrif is beswaarlik v toepassing op die 3 wat nou stry oor die etol. ‘n Ringkop is ‘n ervare, gerespekteerde (meestal bejaarde) burger met lewenswysheid, ervaring en kennis. Nouja, need I say more – nie een vd die drie agbare ministers voldoen aan die beskrywing nie

Ralph ·

Daar is ñ levi op elke liter brandstof wat verkoop word vir instandhouding van paaie. Gebruik dit. As SANRAL nuwe paaie paaie bou kan hulle gerus tolhekke oprig. Ons paaie is klaar betaal. Weg met Etol.

Ockert ·

Al wat ek graag sal wil weet, gestel nou die E-tol word geskrap en almal se skuld word afgeskryf wat word van die wat getrou hulle E-tol geldjies betaal het? gaan die regering hulle geld terug betaal?

Gaitsigubib ·

Nee Ockert hulle gaan nie, maar hulle moet ook nie. Ek wens eintlik hulle wil die mense wat geregistreer het tot in alle ewigheid laat aanhou betaal, beboet en vervolg wanneer hulle nie betaal nie. Mens moet saamstaan wanneer n onreg gepleeg word. Dis die les wat hulle moet leer en as n les nie duur is nie dan leer jy nie.

H ·

Ralph??? Doen weg met e-tol maar rig tolhekke op wanneer nuwe paaie gebou word. Wat is die verskil, die tolhek een moet jy stop en betaal of registreer en betaal per debietorder, die ander een e-tol ry jy deur en moet self eft betaal of registreer en per debietorder betaal. Die helfte van die e-tol paaie is oorgebou, hoekom sê jy doen weg daarmee. Verstaan nie jou rig op en doen weg nie.

Adrian ·

Ringkoppe se voet nie een kwalifiseer daarvoor nie. Elkeen van die lot kry perks waarvan petrol en etol deel daarvan is so hul betaal niks, maar ek en jy dra die oorgewigte in hul luukse karre en hul verwag ons moet betaal maar aikona…….. ek betaal niks etol

Chris Ws ·

Die brandstof Heffing bring meer as R100 miljoen PER DAG vir die regering in so Tito Mboweni moet hom nie onnosel hou nie.Daar is BAIE geld om paaie mee instand te hou en nuwes mee te bou.Maar die regering se lang vingers is diep in daai inkomste bron in dis hoekom daar nie geld is nie.Sorry Tito.Die motoriste moet vir eenmaal vaststaan en saamstaan en weier om e-tol gelde te betaal.

Koos de Meyer. ·

Ek weet nie van die heffings inn die 70 jare nie. Ons het in 1972 met ‘n ses silinder valiant vanaf Springs, na Kaapstad vandaar deur die Transkei, Durban om terug tot in Springs R77. 00 se brandstof gebruik en dis nie ‘n leun nie.

Pierre ·

Dis loutere onsin. Daar is genoeg geld vir paaie en nog meer. Hou net op om dit te wanbestuur en te laat verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.