Drie ‘rowers’ in skietery gewond; nog vyf agter tralies

(Argieffoto)

Altesaam agt vermeende gewapende rowers is in hegtenis geneem nadat drie van hulle gewond is in ʼn skietery met die polisie ná ʼn rooftog by ʼn sakeonderneming in Ballito, suid van Durban.

Polisielede van Umhlali, Inanda, KwaDukuza en Phoenix het Vrydag ʼn intelligensiegedrewe operasie uitgevoer op soek na roofverdagtes in Inanda, het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het op ʼn huis in Ntiyaneweg toegeslaan en die inwoners beveel om die deur oop te  maak. Daar is egter op die polisie losgebrand en drie mans is in ʼn heen-en-weer-skietery gewond.

“Die polisie het agt mans in hegtenis geneem. Drie van hulle is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die verdagtes, tussen 21 en 24 jaar oud, word by die Inanda-polisiestasie aangehou en sal aangekla word van poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en vermoedelik gesteelde eiendom,” het Mbele gesê.

Mbele het gesê ʼn veiligheidswag is Vrydag omstreeks 14:50 deur ʼn groep mans by ʼn sakeperseel in Inanda oorrompel en met kabelbinders vasgebind.

“Die verdagtes is die perseel binne en het bokse drank in hul wegkommotor gelaai. Hulle het ook by ʼn ander perseel ingebreek waar hulle ʼn aantal kameras gesteel het.”

Klagtes van roof en diefstal is by die Umhlali-polisiestasie aanhangig gemaak.

Sommige van die gesteelde items is by die huis gevind.

Die verdagtes verskyn Maandag in die Ntuzuma-landdroshof waar hulle op verdere aanklagte van roof en diefstal sal tereg staan, het Mbele gesê.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, polisiehoof in KwaZulu-Natal, het gesê hy is dankbaar dat geen polisielede in die skietery gewond of beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Wonder julle ook soms waar kry die polisie”diens” die polisiemanne om gewonde kriminele op te pas in hospitale? Wonder namens ‘n vriend… ????

Cecilia ·

En d kriminele word in Pvt hospitale opgepas. Vat hul Stast hospitale toe waar d diens vrotsig is. Of hkm word sulkes nie in d gevangenisdienste se hospitale aangehiou nie?Hoekom moet hul ten duurste in n pvt hospitaal in luukse le.

marius ·

Begin ‘n kleurvolle internasionale toerisme brosjure . Dan kan al die hool se gemors daarin geplaas word .

Nico ·

Weereens vir gratis behandeling, hoekom betaal hulle nie self vir die mediese behandeling nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.