Drie rowers sterf tydens skietery in Durban

Argieffoto

Argieffoto

Drie rowers is doodgeskiet toe hulle by ʼn huis in Durban ingebreek en die eienaar met vuurwapens aangehou het.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gewapende rowers het by ʼn huis in die Greenwood-omgewing aangekom en ʼn vierpondhamer met ʼn lang steel gebruik om ʼn veiligheidshek en deur mee oop te breek. “Daar was slegs een man in die huis ten tyde van die inbraak en hy was glo besig om te oefen met oorfone aan en het daarom nie gehoor toe die verdagtes inkom nie,” het Naicker gesê.

Die rowers het vuurwapens op die man gerig en die kluis se sleutels geëis. Skote is in die proses afgevuur. ʼn Buurman wat die oproer gehoor het, het homself bewapen en gaan ondersoek instel, het Naicker gesê. ʼn Skietgeveg het tussen die buurman en die rowers ontstaan en al drie rowers is in die bors gewond.

“Twee van die rowers is op die toneel dood, terwyl ʼn derde na die Addington-hospitaal geneem is. Hy het daar aan sy wonde beswyk,” het Naicker gesê. Hy het gesê die identiteit van die rowers is nog onbekend.

“Die verdagtes het met ʼn motor met blou polisieligte by die huis opgedaag. Die motor is later verbind met ʼn kapingsaak wat in Oktober by die Chatsworth-polisiestasie aanhangig gemaak is.”

Volgens Naicker is ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. “Daar is oorweldigende bewyse dat die rowers op die buurman geskiet het en dat hy bloot uit selfverdediging opgetree het. Dit sal dus in hierdie geval nie gepas wees om ʼn saak van moord te ondersoek soos in sommige misdaadvoorvalle wel die geval is nie,” het hy gesê. Sake van huisbraak, poging tot moord, besit van ʼn gevaarlike wapen en onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elna ·

Mooiso, dit is al manier om die babare te stop. Give that man a Bells !!!!

Paul ·

Wat ‘n wonderlike buurman. Dankie dat jou korrel mooi in was en jy die drie NSA troepe na hul voorvaders toe gestuur het.

Lynette ·

Ek verstaan nie waarom in die geval nie n moordsaak ondersoek word nie, hy het 3 doodgeskiet. Verstaan my mooi, ek is bly daaroor, maar in ander gevalle waar wel n moord ondersoek word is dit net so duidelik dat die mense eerste aangeval is. Waarom op een manier werk en dan weer op n ander manier. Glo my ek is bly hy het hulle doodgeskiet!

Marous ·

Lynette, daar is verondersel om geregtelike doodsondersoeke geopen te word waar daar nie getuienis is om moord te bewys nie. Dit het egter nou die norm geword sonder dat daar enige getuienis is. Die feit dat iemand dood is beteken nie dat dit moord was nie. Die polisie hoop dat die person wat die skoot getrek het hom of haarself sal inkrimineer….

gjorg ·

Ja Lynette, want jy weet presies watter bewyse daar by “ander gevalle” was dat person ‘x’ of person ‘y’ op ‘n sekere manier opgetree het in vergelyking met hierdie geval…..ai, dink mense, dink.

Dee ·

Baie sinvol wat jy sê Lynette. Klaarblyklik word nie ‘n spesifieke norm gevolg maar dit klink asof die ondersoekbeampte se diskressie baie gewig dra.

Paul ·

Lynette, as dit ooglopend duidelik is dat daar in selfverdediging opgetree is, hoef howe se tyd nie met ‘n moordsaak gemors te word nie.
Indien daar wel twyfel is – soos wat daar in baie gevalle is, moet ‘n moordsaak oopgemaak word. In meeste van daardie gevalle word daar egter ook nooit eers enige klag gebring nie, want selfverdediging word duidelik voordat die saak in die hof hoef te draai.

Andersins moet elke geval wat duidelik selfverdediging is, in die hof gaan draai, met die staatsaanklaer wat sê: “Jammer, Edelagbare, maar ons het geen bewyse nie, spreek die selfverdediger asseblief vry!”

Werner ·

Ai tog. Dis darem maar ‘n mooi storie die. Well done buurman. Hoop nie jy het nou weer drama omdat jy die rowers gepla het omdat hulle nie in vrede die man kon roof nie. Skote pa. Cheers “Laat hulle val waar hulle moet”.

Griki ·

Dis nou uitstekende nuus. 1 Buurman 3; 3 rowers 0. Die buurman KAN skiet, die (dooie) rowers nie. Mens kan net dankbaar wees vir so ‘n op-en-wakker buurman. Welgedaan!

Morne ·

Kom ek probeer weer…sal dit mooier stel die keer Maroela.
Mooi!

Knersus D ·

Great!! Great!! Great!! Kry vir julle!! En ‘n Bells vir die buurman..

Peet Schabort ·

Kom daar aan met polisie se blouligte en GEEN koeëlvaste baadjies? Ai, dis darem dom verby . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.