Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Sondagaand inligting opgevolg oor ʼn beplande sakeroof by ʼn casino in die dorp. Dit het die lede omstreeks 19:30 na ʼn plakkershut in Meloding naby Virginia gelei waar die verdagtes glo gewag het vir iemand om hulle met die wegkommotor te kom oplaai.
“Toe die polisie by die plakkershut opdaag, het ʼn skietgeveg tussen hulle en die verdagtes ontstaan. Twee van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet,” het Mbambo gesê. ʼn Derde verdagte is gewond en is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later dood is. Nog twee verdagtes was ongedeerd en is op die toneel in hegtenis geneem.
“Geen van die polisiebeamptes is beseer nie,” het Mbambo gesê. “Tydens die skietery het die plakkershut waarin die verdagtes geskuil het vlamgevat. Daar is ook op twee R1-gewere en sewe 9 mm-pistole beslag gelê.”
Mbambo het gesê die polisie het later tydens hul ondersoek ʼn bloedspoor op die toneel opgemerk wat daarop dui dat daar moontlik nog verdagtes betrokke was wat op die vlug geslaan het. Die polisieondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Heeeeee Haaa! Mooi so!
Kan jy nou meer ” die polisie kom by”
Dankie aan die polisie.
Dis nou hoe dit gedoen moet word.Ek hoop daar gaan baie meer sulke goeienuus – berigte wees in die toekoms!Wat my bekommer is waar kry hulle R1 gewere??Ons wil ook baie graag een he!
Job welldone Polisie, trots op julle en nog meer bly vir geen lewensverlies aan Polisiekant.