Drie ‘rowers’ voor beplande rooftog doodgeskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Drie vermeende rowers wat glo beplan het om ʼn casino te beroof, is in ʼn skietgeveg met die polisie in Welkom in die Vrystaat doodgeskiet.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Sondagaand inligting opgevolg oor ʼn beplande sakeroof by ʼn casino in die dorp. Dit het die lede omstreeks 19:30 na ʼn plakkershut in Meloding naby Virginia gelei waar die verdagtes glo gewag het vir iemand om hulle met die wegkommotor te kom oplaai.

“Toe die polisie by die plakkershut opdaag, het ʼn skietgeveg tussen hulle en die verdagtes ontstaan. Twee van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet,” het Mbambo gesê. ʼn Derde verdagte is gewond en is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later dood is. Nog twee verdagtes was ongedeerd en is op die toneel in hegtenis geneem.

“Geen van die polisiebeamptes is beseer nie,” het Mbambo gesê. “Tydens die skietery het die plakkershut waarin die verdagtes geskuil het vlamgevat. Daar is ook op twee R1-gewere en sewe 9 mm-pistole beslag gelê.”

Mbambo het gesê die polisie het later tydens hul ondersoek ʼn bloedspoor op die toneel opgemerk wat daarop dui dat daar moontlik nog verdagtes betrokke was wat op die vlug geslaan het. Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Tiger ·

Dis nou hoe dit gedoen moet word.Ek hoop daar gaan baie meer sulke goeienuus – berigte wees in die toekoms!Wat my bekommer is waar kry hulle R1 gewere??Ons wil ook baie graag een he!

Job welldone ·

Job welldone Polisie, trots op julle en nog meer bly vir geen lewensverlies aan Polisiekant.

Uiltjie ·

WAARSKUWING AAN ALLE ROWERS! Die SAPD missie meerie! Hul neem oki meer gevange! Hulle skiet on te food!!

Meisie ·

Mooi so SAP julle is op jul kop.As mens goeies agter hul is dan is die werk goed.Mooi Welkom waardeer jul hoof hy is n goeie man.

KarooKlong ·

Sondagaand inligting opgevolg.
Inligting is baie belangrik.
Nieteenstaande, sukses verhaal, baie goed gedoen.

Bennie Bez ·

Dit bly gevaarlik om n SAPS beampte te wees, gelukkig word die taktiese-reaksie eenheid die regte opleiding om sulke skiet gevegte te hanteer. Viva SAPS TRU !

G Ferreira ·

Wie se R1 geweer en 9mm pistole is dit wat daar gekry is. Dalk ook die SAPD sin?

Josua Keys ·

Daar is nog teveel mense wat in die ANC glo en dit het uitgekom by die stem lokale, ek sê dit weer hoe gouer ons die ANC in die land kan uitstem hoe beter gee nie om wie wat sê nie, ons moet n ernstige beroep op almal doen om hieraan te werk ons polisie, weermag, Lugmag moet erstig opgegradeer word en die slegte elemente moet verwyder word dan sal ons baie minder van die gevalle in die media kry, goeie werk aan die polisie se kant ge wees en ons is bly julle kon met jul lewe van die toeneel af wegstap.

Jaco ·

Gaan die polisielede nou van moord aangekla word? Of gebeur dit net as die polisielid wit is en die kriminele slagoffer swart is?

Johann Marx ·

In die nuwe Suid Afrika mag ‘n ervare hoofregter met jare ondervinding, net soveel tyd as nodig is, bygestaan deur kollegas, met al die getuienis en bewyse voor hom, NIE die doodstraf toepas nie, maak nie saak hoe walglik die oortreding was nie. Maar ‘n polisieman met ‘n vuurwapen kan op ‘n plakkershut toesak, die persone daar binne aankla, verhoor, skuldig bevind, ter dood veroordeel en die vonnis onmiddelik voltrek. Hoekom? Dis nie aanvaarbaar nie? As die polisie dit kan doen, behoort die regters dit ook te kan doen.

Mamparra ·

Regtig johann? Jy oorvereenvoudig nou, selfverdediging is nie judge, jury en execusioner nie.

L.A Gwekkend ·

R1 wapens was in die weermag en vir die SAP gebruik jare terug, later was dit vervang met die R4 en R5 onder andere. As jy mooi agter die kap van die byl kom, sal jy agterkom dat 1 of meer van die slegte goed Of iemand ken in 1 van daardie instansies…Of op een of ander stadium deel was van 1 van die organisies…..mense wat hulle vuurwapens “vrywillig” gaan inhandig het…..(sê maar net)

GES ·

Puik polisiewerk. Vat die skuim vas voordat hulle, hulle duiwelse planne kan uitvoer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.