Drie SA’ners sterf in Kaboel-skietery

Owerhede in Afghanistan reageer op die skietery in Kaboel Foto: Skermskoot uit 'n nuusberig van NBC (video volg onderaan die berig)

Owerhede in Afghanistan reageer op die skietery in Kaboel Foto: Skermskoot uit ‘n nuusberig van NBC (video volg onderaan die berig)

Die departement van internasionale betrekkinge is Sondag besig om ondersoek in te stel na berigte dat drie Suid-Afrikaners van dieselfde gesin in ʼn aanval in Afghanistan dood is.

“Ons probeer nog inligting bekom, maar oor die naweek is dit moeilik,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, gesê. “Selfs al kry ons die inligting, kan ons dit nie vrystel voordat die naasbestaandes in kennis gestel is nie.”

Die Associated Press het Sondag berig drie Suid-Afrikaners en een persoon van Afghanistan is dood in ʼn aanval op ʼn gastehuis in die hoofstad Kaboel. Genl. Mohammed Zahir, hoof van die polisie in Kaboel, het gesê die hoof van ʼn internasionale hulpgroep is Saterdag saam met sy seun en dogter dood. Hy het nie die ouderdomme van die kinders bekend gemaak nie en het ook nie die organisasie se naam bekend gemaak nie.

Zahir het gesê een van die aanvallers het ʼn polisieuniform aangehad. Dit is die tweede aanval in soveel dae op gastehuise waar uitlanders tuisgaan en kom te midde van hernude geweld in Kaboel.

Amerika en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) het op 31 Desember ná 13 jaar hul sending in Afghanistan gestaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.