Drie se dood met taxigeweld verbind

Argieffoto

Die taxi-taakspan van die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn skietvoorval Maandagaand in Delft wat die lewe van drie mense geëis het.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes is omstreeks 20:30 na die hoek van Mainstraat en Symphonyweg in Delft ontbied.

“Met polisielede se aankoms op die toneel het hulle drie liggame met skietwonde in die pad aangetref,” sê Potelwa.

Een van die slagoffers (40) is geïdentifiseer as ʼn taxi-eienaar. Hy is verskeie kere geskiet.

Die ander twee slagoffers, vermoedelik in hul 30’s, het skietwonde aan hul bolywe opgedoen.

“Die motief vir die skietvoorval hou glo verband met konflik in die taxibedryf.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die ondersoek kan bydra, kan lt.kol. Tarentaal by 063 617 3005 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter J ·

Dit is duidelik dat die regering absoluut geen beheer oor die klomp van die taxi bedryf het nie. Hulle ry soos hulle wil en maak dood wie hulle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.