Drie se lyke uit sloot gehaal

Die sloot wat meegegee het. Foto: 1Second CPT-Daily Safety and Security Alerts/Facebook

Die liggame van drie mans is teen Dinsdagoggend uit ʼn sloot in Table View in Kaapstad verwyder nadat die sloot se wande Maandag laatmiddag meegegee het en die mans lewend begrawe is.

Die stad se nooddienste en reddingswerkers is kort na 17:00 na die toneel in Sandownweg in Sunningdale ontbied. “Met hul aankoms is daar gevind dat drie mense vasgekeer is nadat ʼn sloot se wande meegegee het,” het Craig Cyster van die stad se brand-en-nooddienste gesê.

Volgens Cyster het brandbestryders, reddingspersoneel en nooddienste deur die nag gewerk om die liggame uit die sloot te verwyder. Die laaste liggaam is teen 02:00 uit die sloot gehaal.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê konstruksiewerkers was besig met die bou van ʼn nuwe pad toe die voorval plaasgevind het.

“Volgens berigte het die drie oorledenes pype in die sloot gelê toe die wande meegegee het en die sloot op hulle ineengestort het. Pogings deur hul kollegas om hul te red was onsuksesvol.”

Die drie mans, onderskeidelik 22, 40 en 53 jaar oud, is op die toneel dood verklaar en hul liggame is na die Soutrivier-lykshuis geneem.

Van Wyk het bevestig dat die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek na die voorval gelas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nettie

Ek is seker maar dom as ek vra: waar is die nodige “safety netting” wat die ‘wal’ moes stabiliseer ….

Thelma

Sjoe wat ‘n wrede manier om te sterf. Sterkte aan die familie. RIV.

Magda

Ja ek vra ook – waar was of is die Safety regulations op die projek – of is dit weer n onder die tafel projek – Vra maar net – Hoop die Familie vd naasbestaandes gaan vir n behoorlike ondersoek vra en nie met n paar rand in die hand stil gehou word nie. Sterkte aan die Familie van al drie die mans wat onskuldige gesterf het.

Diefie

Sterkte aan die families.

toy

Sjoe dit moet vreeslik wees om so dood te gaan.