Drie seuns verloor albei ouers ná tragedie

Jan en Jolanda Labuschagné. Foto: Facebook

Drie jong broers het verlede week albei hul ouers verloor ná ʼn tragiese voorval op ʼn plaas buite Lichtenburg in Noordwes.

Maroela Media verneem Jan Labuschagné (50) het sy vrou, Jolanda (45), doodgeskiet voor hy homself geskiet het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar is verlede Maandagoggend buite die plaashuis naby ʼn kraal gevind.

Jolanda is op die toneel dood verklaar. Jan is na die Mahikeng-hospitaal gehaas waar hy Donderdag dood is. Albei is in die kop geskiet.

Funani het bevestig die polisie het ná die skietery briewe gevind, maar sy kon nie die inhoud daarvan bekend maak nie.

Maroela Media het verneem die egpaar was in Januarie 23 jaar getroud. Hulle het drie jong seuns. Die een seun is in matriek terwyl die ander twee studeer. Labuschagné het met beeste gespekuleer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Skokkend ·

So asof daar nie reeds genoeg moordenaars in SA is wat onskuldige mense aanval nie, nou is daar nog tussendeur gesinsgeweld en moord ook .. JAMMER aan die seuns wie hulle ouers verloor het .. dit is vreeslik!

alida ·

Ag hoe tragies is dit nie. Sterkte aan die kinders en indien oumas en oupas nog leef baie sterkte. Aan die matriekseun ons dink almal aan jou nou so kort voor die eksamen.

jean ·

Tragies, hartseer en so jammer vir almal……Mag Hy in Sy groot genade julle styf vashou en vertroos.

GM ·

Indien dit selfmoord was, en nie ‘staged’ moorde nie, dan is dit nogal vreeslik dat ‘n ouer nie die weg kon sien om voort te leef ter wille van hul kinders nie. Hoe donker moet die wêreld nie vir so ‘n persoon voel nie? En dit gaan net al hoe erger word soos die finansiële druk erger word. Sulke insidente gaan ongelukkig toeneem. Ek wil nie eers dink waardeur die kinders nou moet gaan nie. My innige simpatie.

Oom Kalahari ·

Dit is tragies en hartseer en hul lyk so na ‘n pragtige en gelukkige paartjie saam. Mens kan nie in woorde beskryf wat hierdie kinders nou moet deurgaan nie. Nog ‘n boer en boervrou wat hul lewens ingeboet het en die gemeenskap en land verloor geweldige lanbou ervaring en produksie. Daar is sovele sielkundige druk en politiek dat hierdie mense se gemoedere begin knak en hand aan eie lewens slaan.
Vir hierdie drie seuns moet dit ‘n geweldige skok en hartseer wees om deur hierdie trauma te gaan waar jou Ouers op een dag so vinnig weggeneem word. Mens kan huil in jou hart en gemoed as jy so aanhoudend hoor en lees van jou mense wat elke dag hul lewens verloor of prysgee.
Alle medelye en simpatie aan hierdie seuns en res van families, vriende, boere gemeenskappe vir jul groot verlies en wens jul alle sterkte en seeninge toe deur hierdie tyd van beproewing. RIV Jan en Jolanda.

Theresa ·

Beter kon niemand dit stel nie, Oom Kalahari. Dis hartseer en tragies.

Valerie ·

Seuns, kyk vorentoe; onthou die mooi; verwerk die lelikheid, en veroordeel nie jul ouers nie. Julle sal dit maak. Ek belowe.

Gesiggie ·

Ai, dit is so tragies? my hart ruk in twee vir die kinders…. die druk in die lewe , as daar net n beter uitweg as selfmoord kan wees… Sterkte aan die kinders, soveel hartseer om ty verwerk… en soveel vrae wat nie beantwoord sal kan word…. Jammer vir al jul seer.

Deserisé Cocklin-Viljoen ·

Sterkte, julle drie seuns en die res van die familie en vriende. Met God aan julle sy sal jul weer heel anderkant uitstap. Juffrou bid vir julle.

Nettie ·

Wie van ons sal weet wat daar gebeur het? Dalk was dit ‘n moord/self-dood; dalk het die vrou haar man geskiet en nie andersom nie; dalk was dit ‘n dubbele moord wat gekamoefleer is om na ‘n moord/selfdood te lyk, dalk …….

Alles is net spekulasie. En daar is drie kinders wat op ‘n baie jong ouderdom ALBEI ouers verloor het en (dalk) is daar twee ouerpare wat elkeen ‘n kind verloor het, wie se harte stukkend moet wees.

Miskien moet ons net volstaan by simpatie-lewering en die ondersoek- en raaiwerk vir die polisie los.

Denette Wedtraadt ·

Dit was beplande selfmoord. Ons as familie sukkel om die desperaatheid te verstaan. Hulle was ‘n hegte gesin. My hart breek vir die seuns!!

Wakey ·

Die familielid het jou REEDS geantwoord Nettie, sy het gese dit was ‘n beplande selfmoord, so ons hoef nie dit vir die polisie te los nie. Dit is nou ook nie asof die polisie die skerpste potlode in die pakkies is nie . meeste moorde en selfmoorde en motiewe raak nooit bekend nie, wat hulle weet nooit wat gebeur het nie. Sterkte aan die familie en vriende.

Hannelie ·

Here hou hierdie kinders vas en vertroos hul. Dink so aan hulle

Oom Kalahari ·

@ Theresa, dankie en dit is waarderend.
Hierdie geval het my werklik aangegryp waar ek met trane gelaat was, maar ander se boeke is tog duister. So gaan my gedagtes ook uit na hierdie 3 kinders in ‘n jong ouderdom wat nou ouerloos gelaat is en kon my kleinkinders gewees het. Mag die Hemelse Vader ‘n Hand van Seeninge oor hul hou en in die toekoms beskerm.

Denette Westraadt ·

Dis so dag vol vrae..maar Jolanda nie jy of Jannie is meer hier om ons te antwoord! Hoe donker hoe diep….wat as…miskien as julle….maar helaas. Ons as familie sal daar wees vir die seuns!!

Ogies ·

Dit is altyd hartseer as so iets gebeur. Ek is self ‘n depressie leier en glo my as ek sê daar is nie woorde om jou gemoedstoestand aan iemand te beskryf as jy so voel nie. En JA hulle het aan die kinders en almal wat agter bly gedink. Hul het gevoel dat hulle ‘n beter lewe sal hê sonder hul. Eers as jy weer “nugter” is besef jy dat dit so nie die moeite werd is nie. Maar wanneer jy op daai oomblik die besluit neem, is dit vir jou reg.
Sterkte aan die seuns!!

Wonder ·

Woorde ontbreek in die moeilike omstandigheid. Sterkte aan die kinders, familie en vriende.

Hannelie ·

Denette Westraadt jul gaan deur ‘n baie moeilike tyd met baie vrae, en geen antwoorde dalk. Maar weet net, al ken baie van ons julle nie, is julle en die 3 jong kinders in ons gedagtes en gebede. Mag jul vertroosting vind.

Cherry ·

Ek kan die nuus nie meer lees nie elke dag loop die trane vir wat in ons Land aan gaan My God en Hemelse Vader hoor ons roepstem red ons.

GOGGA ·

JOLANDE SE PA OOM JOHAN CHRISTIE HET IN DIE AFGELOPE 3 JAAR 2 STIEFSEUNS EN SY EIE DOGTER VERLOOR…DIT IS HARTSEER…TANNIE PETRO SE 2 KINDERS ALBEI OORLEDE EN NOU HET OOM JOHAN NOG NET SY DOGTER LIEZEL OOR… STERKTE AAN DIE OOM EN TANNIE…ASOOK DIE ANDER FAMILIE…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.