Drie sit lank ná hulle polisieman doodskiet

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans wat ʼn polisieman doodgeskiet het in 2009, is Donderdag in die hooggeregshof in Mthatha tronk toe gestuur.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê Lucas Gcinile Mate (37), Gada Mkhuseli Kwutsa (34) en Malindi Mfundo Kina (35) is tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis.

Die drie mans het in Januarie 2009 saam met ʼn vierde verdagte ʼn pensioenbetaalpunt beroof. ʼn Polisieman is tydens die rooftog doodgeskiet en die beskuldigdes het met ʼn onbekende bedrag geld gevlug. Die vierde verdagte is deur polisiebeamptes doodgeskiet.

Die beskuldigdes is tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis vir die moord en 15 jaar elk vir roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop hulle sit vir ten minste 20 jaar! Die misdadigers kry hopeloos te vroeg parool!!!

Pappa ·

Ons moet begin vonnisse agtereenlopend uitdien. Die Amerikaners hou nogal daarvan om ‘n persoon so te bêre. Al kry hy parool op die eerste vonnis moet hy bly sit vir die volgende een ens. Maar ek is bevrees dan sal ons tronke binne ‘n jaar tjok en blok vol wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.