Drie sit lank na noodlottige transitorooftog

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis na ʼn transitorooftog waartydens ʼn polisiebeampte en veiligheidswag doodgeskiet is.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Thulani Doncabe (42), Sandile Shongwe (34) en Siboniso Mpanza (22) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, poging tot moord en roof.

Die aanklagte hou verband met ʼn transitorooftog in Richmond op 27 Januarie 2014. “Die drie het saam met ʼn groep ander verdagtes veiligheidswagte, wat geld na ʼn bank in die middestad geneem het, voorgekeer en op hulle losgebrand. Die polisie het intussen ook op die toneel aangekom en drie verdagtes, ʼn polisiebeampte en ʼn veiligheidswag is in die skietgeveg dood.”

Lt.genl. Mmamonyye Ngobeni, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die vonnisse verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wikus ·

Ek weet dis voortydig maar ek het op die nuus gehoor SA het van 2 de grootste ekonomie terug gesak na nmr

3 in Afrika naas Egipte Dis hard maar dis waar.RSA iis een van die dae nmr 57 in Afrika soos Bafana Bafana . Great RSA wat nie eers meer sy weermag instant kan hou nie.

Xa ·

Sit “lank” se die artiekel… Net lank genoeg om lekker te herstel en om nog n paar kontakte daar in die tronk op te bou vir hulle volgende moord en roof.

Buitestaander ·

Die gevangenis moet nou gedwing word om hande arbeid te verrig soos om skole en ander openbare geboue te herstel.
So kan die koste van die verblande skole en gehoue halveer word en hulle doen nutige arbeid vir die staat. Maak net seker hulle voete is met kertings vas beboei dat hulle nie kan weghartloop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.