Drie sit lank vir moord op man (55)

Argieffoto Foto: veooz.com

Die Kuruman-hooggeregshof het Saterdag drie mans 22 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op ʼn 55-jarige man.

Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediens is Thabo Joseph Kotolwane twee jaar gelede vermoor voordat die drie beskuldigdes met sy Toyota Hilux-bakkie gevlug het.

Die drie mans het volgens hofstukke die man ʼn uur lank gemartel voordat hulle hom doodgeskiet het. Hulle het toe sy hande en voete vasgemaak, en sy liggaam in ʼn veld in Mothistad gaan stort.

ʼn Verbyganger het Kotolwane se liggaam ure later gevind.

Volgens die polisie kon hulle daarin slaag om die mans vas te trek danksy ʼn opsporingstelsel in die voertuig.

Die drie mans, Paseka Kekwaka (25), Thabo Oliver Phiri (30) en Thabo Christopher Gaobuse (28), is ook 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede opgelê.

Die mans se algehele tronkstraf is 37 jaar. Die mans het nooit die motief oor die moord bekend gemaak nie.

“Die Suid-Afrikaanse polisiediens verwelkom dié vonnisoplegging, en hoop dit dien as ʼn voorbeeld van wat gebeur wanneer die wet so grusaam oortree word,” lui die SAPD-verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Savethetigerpleeze ·

Mooi so, hoop hulle gaan lank sit, hoekom ‘n lewe neem?? hulle kon net die bakkie gevat het

nicolaas ·

Na 10 kry die paroolraad hulle jammer en laat hulle uit maar na 10 jaar sukkel die familie nog oor waarom en hoekom is dit gedoen gierigheid sal nooit verdwyn nie want die doodstraf het verdwyn

snoefie ·

weereens skoon suiwer hebsug. geen respek vir n lewe nie.

Adam Boshoff ·

Met ander woorde….die moordenaars is nooit ondervra hoekom hulle hom vermoor het nie Omdat jy jou teësit teen barbaarsheid is dit n skielik n motief Niemand het die reg om iemand net te vermoor nie

Cherokee ·

Hul vanne dui daarop dat nie een van hulle lokaal is nie. Nie die moordenaars of slagoffer nie.

al ·

En die boer wat 2 dae gemartel is voor hy doodgemaak is?
Lank genoeg tronkstraf is nodig vir die wat eenvoudig mense moor en martel, sodat hul permanent uit die samelewing verwyder word.
Ek kan ook met ñ Bybel loop en trane produseer om op parool uit te kom.
Ñ Oortreder moet van die begin af geweet het hy doen verkeerd.
Dis waarvoor daar wette is in die samelewing en almal weet daarvan, al is hul kamstig nie opgevoed daarin nie.

Justice ·

Moordenaars behoort elke 3 maande tot hul vonnis uitgedien is `n verpligte 6 houe lyfstraf (kats) te kry. Dit sal nooit kan opmaak vir die lyding waaraan die slagoffers onderwerp is nie. Dit behoort die romantiek uit tronkstraf van gratis verblyf, etes en studies haal. Tronkstraf op sigself is nie meer `n afskrik middel om moord te pleeg nie.

Jaco ·

22 Jaar vir Moord, nadat hul hom nog gemartel het ook? !! Hierdie land is n grap!

willem ·

Stenig moordenaars. Hulle was nie bekommerd oor hoe hulle die slagoffers gemartel het nie, daarom sal ‘n moordenaar moes nie omgee om pyn te ervaar nie.

Hennah ·

MM, julle taal! … die polisie vermoed die 55-jarige was teenstribbeling … ! Regtig? Skokkend!

ken benoni ·

Bring die doodstraf terug vir moord, roof met uitermagtige geweld, verkragting, kindermishandeling en dronkbestuur!
Daar sal baie vinnig minder inwoners in ons tronke wees, want die vrees dat jou lewe in gedrang kan kom sal baie afskrik. Dit sal nie 100% afskrik nie maar baie sal tweekeer dink voor hulle tot so ‘n daad oorgaan.
Geen genade vir geweld!!!

Theresa ·

Wonder of daar soveel moorde gepleeg sou word as dit een-op-een is soos in vroeër jare meer bekend en baie minder moorde.

Hanna ·

Die vonnis is belaglik heeltemal te lig. Dit lyk eerder of die vonnis tussen die drie verdeel is.
Hulle was 3 teen 1. Behoort elkeen lewenslank sonder parole te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.