Twee mans en ʼn tiener het Dinsdag naby Tongaat in KwaZulu-Natal doodgeskok.
“Paramedici het die twee mans, onderskeidelik 19 en 23 jaar oud, langs ʼn grondpad aangetref,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “ʼn Lid van die publiek het reeds die 16-jarige tiener na ʼn hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is.”
Die twee mans is ook op die toneel dood verklaar.
“Die polisie sal bepaal hoe die drie persone doodgeskok het, en die voorafgaande gebeure ondersoek,” het Steinmann bygevoeg.