Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die betogers het tien klaskamers by drie skole in die vroeë oggendure aan die brand gesteek.
Die betogers eis glo elektrisiteit. “Vier mense is in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging en hulle sal Donderdag in die hof verskyn,” het Ramaloko gesê.
Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het gesê talle skole in die gebied is deur die betoging geraak. “Leerlinge het nie skool toe gegaan nie weens die betoging. Die situasie hier lyk glad nie goed nie, daar is geen mense op straat nie,” het hy gesê.
Hy het gesê die dak van een van die skole lyk asof dit deur ʼn ontploffing verwoes is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Die goed maak my mal
Wie dra die kiem van vernietiging
ai tog, gee vir hulle elektrisiteit MAAR teen dieselfde koste as wat die res van ons moet betaal, maar voordat hulle dit kry moet hulle eers alles herbou op eie koste wat hulle so verwoes het. Laas hulle betaal vir hulle dade en klaar of hier gaan binnekort niks oorbly nie
Vanoggend het hulle nie elektrisiteit gehad nie, moreoggend het hulle nog steeds nie elektrisiteit nie, maar ook nie meer ‘n kliniek nie en drie skole minder. Ek sal hulle denkwyse seker nooit verstaan nie.
Rina hulle sal slegs dieselfde prys vir elektrisiteit betaal, wanneer PW Botha weer president is in die RSA en Dave n week of twee gelede het hulle alreeds in Heilbron goed in die dorp aan die brand gesteek. Ons moet onthou volgende jaar is weer verkiesing, so ons kan “demand for our vote” en hulle kry alles wat hulle soek.