Drie skoolseuns sterf tydens landsdienskamp

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Drie skoolseuns van Rustenburg Hoër Tegniese Skool is tydens ʼn landsdienskamp buite dié Noordwes-dorp dood.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsie se departement van onderwys, het Dinsdag gesê die voorval het Saterdag by die Bergheim-vakansieoord buite die dorp plaasgevind.

Volgens Malindi het die leerlinge, onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar oud, op ʼn kano op ʼn dam gevaar toe dit omgeslaan het. Hulle was onderskeidelik in graad 8, 9 en 10.

“Twee van die seuns is uit die water gehaal en noodhulp is op hulle toegepas, maar dit was ongelukkig te laat,” het Malindi gesê. “Die derde seun se liggaam is eers later in die water opgespoor.”

Hy het gesê die skool was op ʼn uitstappie wat deur die departement goedgekeur is. “Die idee van die uitstappie was om leerlinge blootstelling te gee aan goed wat hulle in die klas geleer word.”

Omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

Maphefo Matsemela, LUR van onderwys, het haar skok oor die voorval uitgespreek en bevestig dat die departement sy eie ondersoek van stapel gestuur het. Sy het gesê die departement sal die oorledenes se gesinne bystaan in die moeilike tyd.

Lees die opvolgberig hier: Name bekend van drie wat tydens skoolkamp sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Christine ·

So jammer vir hul ouers en familie. Vrywaringsvorms is klaar geteken. Niemand se skuld….

grotman77 ·

Vrywarrings forms beteken niks. Die fasiliteerders moet kan bewys dat hul elke veiligheids aspek in berekening geneem het toe hul die aktiwiteit gedoen het. Het kinders regte toerusting aangehad soos lewensreddings baadjies, Het die fasisliteerder die korrekte opleiding soos CPR, Noodhulp, Adventure opleiding en en… Ongelukke vind plaas omdat mense nie die kennis het nie, nie die gevare sien nie en nie dink nie.
As ek n afleding kan maak lyk dit

Justa ·

Skole moet al hierdie kampe los. Was altyd in n toestand as my kind op een van hierdie kampe of uitstappies moes gaan. Net die ouer self kan behoorlik toesig hou oor sy eie kind, niemand anders nie.

grotman77 ·

Justa as ek kinders ontvang aanvaar ek die verantwoordelikheid dat ek met ander mense se kosbaarste besitting te make het en ek wil daai besitting net so terugee aan die ouer. 90 persent van die tyd is die kind die oorsaak van die ongeluk omdat hul nooit die geleentheid by hul huise kry om hul boundries te toets nie.. hul mag nie boom klim nie en hul word opgepiep want ma’s is bang hul kry seer. In die 80’s kon ek met kinders 10km gestap het en dan het hul nog energie oorgehad om katte kwaad aan te jaag in die aand . In 2016 as kinders 3km gestap het is hul klaar moeg en uitgeput. Glo my kampterreine en personeel doen hul allerbes om te sorg dat die veiligheid van kinders eerste gestel word. In die meerderheid van ongelukke wat plaasvind is dit omdat kinders nie luister na die reels nie en hul eie ding doen. kattekwaad aanvang soms met dodelike gevolge. Die moderne kind luister glad nie na gesag nie en ek wonder maar met tong in die kies waar die opvoedings probleem le… beslis nie by onnie of kamp fasiliteerder nie .

Michael ·

Baie jammer oor die drie seuns.wonder wat het verkeerd gegaan want hulle moes lewensbaadjies aangehad het voor hulle die water in is dit is tog standaard prosedures.

tokksie graham ·

Waar was die onderwysers wat veronder stel is om toesig te hou heel temal onaanvaar baar swak

Dis teen die wet om sonder n life jacket op kano te vaar

Jaco Grobler ·

Watter wet? Volgens my is daar wetgewing wat bepaal watse veiligheidstoerusting (instuitende pfd’s) op watse tipe vaartuig moet wees, maar geen wet wat die dra daarvan verplig nie.

Rustenburg bekommerde mamma ·

Maak my ongelukkig want jy moet n vrywaringsvorm teken lekker maar as jy se jou kind mag ni gaan ni juis omdat jy bang is vir so iets word daar n groot bohaai gemaak daarvan en word jy half gedwing dat jou kind dit moet bywoon daar is nie net groeps druk by kinders ni maar wel by skole en onderwysers ook…….los di simpel kampe ons kinders gaan gereeld saam hulle ouers na plekke en di ouers leer hulle genoeg danki………

Pieter ·

Kinders leer en ontwikkel baie by kampe. Kry die fout en stel dit reg. Moenie kampe stop nie. Jy ontneem kinders ongelooflik baie. Hulle kom uit oorbeskermde huise uit en moet iewers leer waaroor die lewe gaan. Jammer vir ongelukke en mag die Here ons beskerm daarteen.

Dirk T ·

Weet nie wat die werklike omstandighede rondom die insident is nie. ‘n Vrywaring vorm beteken niks indien veiligheidstandaarde en prosedures nie toegepas word nie.

Pierre Celliers ·

Hulle kan nie swem nie maar word nogtans in die bote gesit sonder reddings toerusting!
Hoe verantwoorde;il is dit van die onderwysers????!!

Riana ·

Hierdie is baie hartseer want die skool het nou al 4 leerlinge hierdie jaar aan die dood afgestaan.

Xa ·

Hoe is dit moontlik dat gesonde jong ouens verdrink, die water is tog nie yskoud nie en die dam nie groot nie. Kon hulle nie swem nie, of was hulle vasgekeer of vas gemaak aan die kano?

Ina Smith ·

Dit is so jammer . Simpatie aan die families . Het hulle ‘ Life Jackets ‘ aangehad wat verpligtend is ?

Tiger ·

Ina Smith on sal seker nooit weet of hulle reddingsbaadjies aangehad het nie.In ieder geval dit is WET om een aan te he alvorens jy in ‘n bootjie van watter aard ookal klim en op die water vaar .Net soos valhelms wet is vir motorfiets ryers en tog ry baie mense baie maal sonder hulle so gou op en af in ‘n straat.
My innige simpatie met die betrokke ouers en familielede met die grusame tragedie.

Bernard ·

Sjoe, dit is aaklig hoe my mede-lesers so tot gevolgtrekkings kan spring. Julle behoort julle lelik te skaam. Daar is tog geen verdere feite beskikbaar nie? Maar elkeen is mos ‘n regter hier in die kommentaar afdeling. Party mense sit regtig die “kommen” in kommentaar.

Gesiggie ·

Ja dit regtig baie hartseer.. en ek vra ook, hoe het hul geweet die kinders kan swem, en ja reddings baadjies moes toegepas word? maar veiligheid is nie belangrik”’ maar ons kan nie oordeel, want ons weet nie hoe en wat? 3 seuns se lewe is geneem en hul ouers moet nou deur die hartseer gaan. al wat ons kan doen is bid vir krag en leiding

sannie s ·

Die kinders gaan al geslagte lank op skool kampe en dit is nodig. Dit was tog Hoerskool seuns wat nie die heeltyd dopgehou kan word nie.selfs nie deur die ouers. Die OUERS moet die kinders verantwoordelikheid leer. Ek ken seuns. Het my eie en kleinseuns.

grotman77 ·

Sannie ek stem saam met jou….. Selfs met die beste toesig kan kinders onverantwoordelik optree met dodelike gevolge.
Van die kommentare klink dit asof fasiliteerders gevoelloos is en dat hul 100 persent van die blaam dra… Glo my daai persoon wat verantwoordelik was vir daai kinders het berading nodig dink aan al die skuldgevoelens en vrae. Ons ken nie die omstadighede nie wat aanleding gegee het tot hierdie noodlotige ongeluk nie. n Ondersoek sal dit bepaal. Vir alle partye maats , ouers , ondrswysers en kamp personeel sterkte met die rou proses.

ANRE ·

Mense moet hul baba’s leer swem en ek dink persoonlik moet swem ‘n voorvereiste wees vir enige skoolgaande kind. Mens weet nie wat hier gebeur het nie, maar soveel kindertjies (en selfs volwassenes) verdrink elke jaar en dit omdat hulle nie weet hoe om te swem nie. Dis tragies en dis tog so ‘n maklike, simpel ding om te leer.

wilna joubert ·

Mense niemand van ons weet wat regtig gebeur het nie. Kom ons wag tot die feite bekend gemaak word. Kom ons vat eerder hande en bid saam vir die ouers,familie en die ander kinders wat dit moes gesien het. Aan die ouers en familie en vriende, ek bid vir vertroosting. Ek is n ouer wat ook al n kind verloor het en ek weet hoe dit voel om te wonder hoekom dit gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.