Drie skuldig aan Mihalik-moord

Pete Mihalik (50). (Foto: Noor Slamdien/ANA)

Die bekende prokureur Pete Mihalik se drie moordenaars is vandeesweek in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind aan sy moord.

Sizwe Biyela, Nkosinathi Khumalo and Vuyile Maliti is Woensdag skuldig bevind op een aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord, een aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen en een aanklag van die onwettige besit van ammunisie.

Vonnisverrigtinge het sedertdien begin.

Die drie mans se vonnisse sal na verwagting volgende Donderdag (10 Augustus) opgelê word.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê regter Constance Nziweni het vandeesweek drie dae aan die uitspraak gewy.

Die moordsaak was vyf jaar lank op die rol.

Mihalik, ʼn strafregprokureur wat vir sommige van Kaapstad se berugste bendelede verskyn het, is die oggend van 30 Oktober 2018 op ʼn kort afstand in die kop geskiet terwyl hy sy kinders by Reddam House, ʼn private skool in Groenpunt, gaan aflaai het.

Mihalik se seun (toe 8) is die betrokke dag in die kakebeen gewond. Hy het sedertdien volkome herstel. Mihalik se dogter (toe 17) het destyds agter in die motor gesit en is nie in die skietery beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

domheks ·

die groot kokkedoor wat net opdragte gee moet nog gesoek word. Begin sommer by kaders…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.