Lt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Monwabisi Faku (23), Lonwabo Pindo (30) en Ayanda Mzimande (30) is in die hooggeregshof in Grahamstad skuldig bevind op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Hulle sal na verwagting Vrydag gevonnis word.
Maroela Media het vroeër berig dat Clarke, ʼn boer van Addo in die Oos-Kaap, alleen op die plaas Sundowner gewoon het. ʼn Privaat veiligheidsmaatskappy het die oggend van 20 April omstreeks 01:00 ʼn verdagte silwer Mazda-bakkie by die Kabega Park-polisiestasie aangemeld. Die polisie het die bakkie naby die Greenbushes-gebied gevind en die drie insittendes, tussen 23 en 30 jaar oud, ondervra oor wie die eienaar van die voertuig is. Polisielede het bloedvlekke agter op die bakkie opgemerk.
Een van die mans het mettertyd erken dat die bakkie aan ʼn Addo-boer behoort en dat hulle betrokke was by sy moord. Die verdagtes het die plek waar hulle Clarke se liggaam gestort het aan die polisie uitgewys.
Baie dankie vir ‘vinnige’ hofsaak! Ek hoop die hof maak in hierdie saak ‘n voorbeeld en vonnis hulle almal lewenslank en addisioneel vir roof met tronkstraf wat nie gesamentlik maar agtervolgens uitgedien moet wor, m.a,w. nooit vrygelaat word nie.
LEWENSLANK!!!!!!!
Gooi die sleutel weg! Hierdie misbaksels moet ryswater gevoer word en in ‘n 1mx2m sel toegesluit bly.
Dit is regtig tragies en so onnodig dat ‘n mens so met sy lewe moes boet, net vir roof. Hierdie is opgeleide misdadigers van ‘n groter network, maar hopenlik sal hierdie beskuldigdes nooit ooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie en asb beweeg weg van die ou gedagtes van hervormings en rehabilitasie moontlikhede want dit is twak. Eens ‘n moordenaar, altyd ‘n moordenaar.