Drie skuldig aan moord op Matie-student

Hannah Cornelius (Foto verskaf aan Maroela Media)

Drie persone is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van die verkragting en moord van Hannah Cornelius (21), ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch en poging tot moord op haar vriend, Cheslin Marsh.

Regter Rosheni Allie het Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk elk skuldig bevind op twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die moord op Cornelius en poging tot moord op Marsh.

Cornelius was ʼn tweedejaar BA-student aan die universiteit en Marsh het teologie aan die universiteit studeer toe hulle Saterdagaand, 26 Mei 2017, in die dorp in die blou VW Golf, wat Hannah se 91-jarige ouma vir haar gegee het, gekaap en ontvoer is.

ʼn Vierde beskuldigde, Nashville Julius, is skuldig bevind op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede en twee aanklagte van ontvoering.

Witbooi, Parsons en Van Niekerk is ook skuldig bevind op aanklag dat hulle die Sondag, 27 Mei 2017, Ncumisa Qwina in Kraaifontein en Miemie October in Kuilsrivier beroof het.

Marsh het getuig hy en Hannah het die Saterdagaand saam met vriende by ʼn koshuis van die Universiteit Stellenbosch gekuier. Hannah het later daarop aangedring dat sy hom huis toe bestuur na die woonstel waar hy bly. Hy het sy skaatsplank op die agterste sitplek van die VW Golf gesit en hulle het na sy woonstelblok se parkeergebied gery. Hulle het ʼn rukkie lank in die motor sit en gesels toe iemand skielik met ʼn skroewedraaier teen Hannah se ruit geklop het. Iemand het sy passasierdeur oopgemaak, hom met ʼn mes gedreig en gesê: “Staan stil of sy gaan dood.”

Die persoon het by die voorste passasierdeur van die motor ingeklim en Marsh na die agterste sitplek gedwing. Die persoon met die skroewedraaier het agter die stuurwiel ingeklim en Hannah gedwing om voor tussen die twee beskuldigdes te sit. Nog twee mense het daarna agter langs Marsh ingeklim.

Hannah Cornelius (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die mans het aangevoer hulle wil net by die huis uitkom en sal die motor teruggee. Hannah het hulle versoek om nie die motor te steel nie, omdat dit haar ouma sʼn is. Die mans het in die rigting van die Helshoogtepas gery en toe op ʼn grondpad stilgehou en Marsh gedwing om, sonder sy skoene, in die kattebak te klim.

Volgens Marsh het die beskuldigdes in ʼn stadium stilgehou en vermoedelik tik gerook.

Hulle het weer vir ʼn wyle rondgery en toe hulle stilhou, het twee mans Marsh aangesê om uit die kattebak te klim. Hulle het na ʼn beboste gebied toe gestap en by ʼn boom stilgehou waar daar bakstene gelê het. Hulle het vir hom gesê hy moet met sy kop op die bakstene gaan lê. Hy het gesien die twee mans het halwe bakstene in hul hande. Hy het sy oë toegemaak en gebid en daarna sy bewussyn verloor. Toe hy sy bewussyn herwin, was dit reeds lig buite. Hy het opgestaan en na die naaste huis toe gehardloop en oor die muur geklim om hulp te soek. Die inwoners het hom weggejaag, maar die polisie ontbied.

Hy is daarna na Kraaifontein-hospitaal geneem waar hy vir sy beserings behandel is en hy het aan ʼn ondersoekbeampte verduidelik wat gebeur het.

Marsh is daarna na Tygerberg-hospitaal geneem. Sy arm was gebreek en hy het verskeie kopbeserings opgedoen. Hy is doof in sy linkeroor as gevolg van die beserings wat hy opgedoen het. Hy kon ook nie na die universiteit terugkeer om sy studies voort te sit nie, weens die trauma van die aanval.

Dr. Gororo van Tygerberg-hospitaal het in die hof getuig Marsh “kan dankbaar wees hy leef” weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het.

Drie van die beskuldigdes het, nadat hulle Marsh vir dood agtergelaat het, Hannah naby die Reapers Paintball Range in Bottelaryweg verkrag. Hulle het haar daarna naby ʼn bekende wynplaas in die gebied vermoor. Sy het twee meswonde in haar nek opgedoen en is met ʼn klip of ander stomp voorwerp teen die kop geslaan.

Flippie Booysen, ʼn plaasarbeider, was besig om pype reg te maak toe hy op Hannah se liggaam afgekom en die polisie ontbied het.

Die patoloog het tydens die saak getuig Hannah is die oggend van 27 Mei 2017 waarskynlik tussen 06:30 en 07:30 oorlede.

Witbooi en Parsons is op 27 Mei 2017 in hegtenis geneem. Van Niekerk en Julius is kort daarna in hegtenis geneem.

Tydens ʼn identiteitsparade by Pollsmoor-gevangenis kon Marsh twee van die beskuldigdes uitken.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê die NVG verwelkom die uitspraak. Hy het die staatsaanklaer, adv. Lenro Badenhorst, sers. Marlon Appolis en ander lede van die SAPD Stellenbosch, DNS-kenners en ander getuienis bedank vir hul rol om ʼn suksesvolle vervolging te verseker.

Die vonnisverrigtinge begin Donderdag.

“Badenhorst het aangedui dat hy ʼn familielid van Hannah, prof. Cornelius, Hannah se pa en Cheslin se ma sal versoek om ter verswaring van vonnisoplegging te getuig. Die staat sal lewenslange tronkstraf versoek vir Witbooi, Parsons en Van Niekerk en ʼn lang tronkstraf vir Julius,” het Ntabazalila bygevoeg.

Lali van Zuydam (27), Hannah se niggie en ʼn familiewoordvoerder, het vroeër in ʼn huldeblyk gesê Hannah was die mees perfekte mens – slim, mooi, talentvol en jonk. “Haar hele lewe het voorgelê en toe word sy so wreed en onnodig van ons weggeruk. Ons familie staan mekaar by, maar niks kan die leemte vul nie.”

Lees alle vorige berigte oor Hannah Cornelius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frans C ·

As daar ooit ‘n saak was wat die doodstraf geregverdig het is dit hierdie saak.

Jean ·

Stem Met jou..my hart sommer gebreek vir haar en haar vriende en familie se onthalwe…geen genade vir die monsters nie!!!Ttonkstraf is te sag vir haar verlies en die duiwels se wreede Dade!!!

Karien ·

Ek dink hierdie saak, maar baie ander verdien ook die doodstraf. Wat van daai Booysen meisietjie (17jaar) wat verkrag was en oopgesny met n bottel dat haar binnegoed uitgehang het. Dis maar 2 sake hierdie van die vele ongevoelige misdade wat due doodstraf verdien.

Hoe nou....... ·

As hulle die doodstraf kry dan word hulle mense regte ontneem. Hulle mag dalk later onskuldig bevind word ……….mos……..! Bring n jurie stelsel in waar n jurie saam met n regter n besluit kan neem oor hierdie tipe sake ……. dan sal baie van die misdadigers aan die pen ry en die tronke sal beheerbare volumes handhaaf.

Annie ·

Ek het nie woorde vir hierdie sinnelose daad nie. My hart is aan skerwe vir hierdie pragtige jong vrou en vir Cheshlin.

MJ ·

Ek het hierdie hofsaak elders gevolg terwyl dit aan die gang was. Dis walglik. Elke verkragting en moord van kinders en vrouens is walglik. Die satan is los, hy loop soos ‘n brullende leeu. Here help ons asb.

Robert ·

Hulle gaan net erger word in die tronk. Aangaan met hulle delm misbruik en dagga rokery en dan gaan hulle by bendes aansluit in die tronk en wrede aksies van binne orkestreer. Baie jammer maar dis waar.

Waarheid ·

Ek stem saam met julle almal
Hoop hulle smiles word nou permanent van hulle bakkies afgevee.

Sp ·

Stem saam met jou. Ek wens vrees oorval hul lank voor hul doodsoomblikke aanbreek – ek sidder om te dink aan haar laaste ure.

Sp ·

Stem saam met jou. Ek wens vrees oorval hul lank voor hul doodsoomblikke aanbreek – ek sidder om te dink aan haar laaste ure.

Johannes ·

In die “bose ou SA” sou hulle die wel verdiende galg gekry het. Maar nou leef ons mos in “demokrasie”…

treurgrond ·

God, ek het gisteraand hierdie beskuldigdes op die TV gesien met die gesig van Hannah Cornelius – God laat hulle gaan verstaan wat dit is om verkrag te word, laat hulle gaan verstaan dat hulle geen se het nie – laat hulle gaan verstaan hoe Hannah gely het. God laat hulle vergelding kry vir hulle dades. In U naam my God Amen.

Fanie ·

Here wees ons genadig hoor die roepstem van U kinders en laat daar vrede in ons land kom Hiermee gaan ons as U kinders vandag op ons kniee en smeek U om tot ons redding te kom want U is ons reding sonder U is ons verlore

Gollie ·

Waar kry mense daardie harte om mense dood te maak,blykbaar besf hulle nie wat daardie oomblikke deur daardie persoon se gedagtes gaan nie.as hulle hulself net kan indink miskien sal hulle besef en ook voel hoe daardie persoon se naasbestaandes moet voel.

gaafster ·

Mag God ingryp in ons land…
Ons moet ALMAL bely en terugkeer na ons Hemelse Vader

So hartseer om die te lees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.