Drie skuldig aan plaasmoord

court-hammer_thumbDrie mans is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op ʼn boer van Vryheid in KwaZulu-Natal.

Moses Sigawuge (34) en Big-Boy Ncube (29), van Tembisa in Gauteng, en Mzumuhle Ntshangase (30), van Vryheid, is skuldig bevind aan moord en roof met verswarende omstandighede. Die drie het erken dat hulle Willem Weites (78) op 21 September 2013 beroof en doodgeskiet het. Die mans het gemaak of hulle wou melk koop.

Die aanval is deur Ntshangase beplan en het hy gereël dat Sigawuge en Ncube van Tembisa na Vryheid reis. Hy het hulle oortuig deur vir hulle te sê Weites het geld op die plaas. Die drie het Weites van R40 000 sowel as ander huishoudelike items beroof.

Konst. Adolph Engelbrecht het getuig dat daar die afgelope twee jaar vyf plaasaanvalle in die Vryheid-omgewing was. Hy sê twee boere is vermoor. Volgens Engelbrecht het die oorledenes se vroue op hul begrafnisse gevra wanneer hulle beskerm gaan word.

Everlien Weites, Willem se dogter, sê die gesin het na die moord op haar pa besluit om dorp toe te trek uit vrees vir hulle veiligheid.

Waarnemende regter Thoba Poyo-Dlwati sal Vrydag die drie mans vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.