Drie soek ná Oos-Kaapse plaasmoord

John Viedge (Foto: Facebook)

“Ons sal hulle lewend vind om verantwoording vir hul dade te doen.”

Só het die Oos-Kaapse polisiekommissaris glo Sondag aan die familie van die boer John Viedge (79) gesê nadat hy vroeg vanoggend op sy plaas in die omgewing van Nqanqarhu (Maclear) doodgeskiet is.

Volgens die polisie het lt.genl. Liziwe Ntshinga die plaas Highfield vroeër vandag besoek en intussen ’n 72-uur-aksieplan geaktiveer, wat die onmiddellike mobilisering van kritieke hulpbronne behels, om Viedge se moordenaars vas te trek.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê voorlopige inligting dui daarop dat drie onbekende mans tussen 04:00 en 05:00 deur ’n venster toegang tot die huis verkry het.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes kon weens ’n veiligheidshek nie toegang tot die slaapkamer kry nie en Viedge is glo deur die veiligheidshek doodgeskiet.

Volgens Kinana was Viedge se vrou ook in die huis ten tyde van die voorval.

“Dit is nie duidelik waarna [die verdagtes] gesoek het nie, maar huisroof word vermoed. Op die oomblik lyk dit of niks gesteel is nie,” sê Kinana.

’n Saak van moord word ondersoek.

Enigeen met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om die polisiestasie op Nqanqarhu of die Misdaadstopnommer by 086 00 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anmemarie1971 ·

Mense,ons moet saamstaan teen plaasmoorde,verkragtings,moord ens,dit kan nie so voortgaan nie,so baie onskuldige oumense,mense en kinders word onnodig gemartel en vermoor en vir wat? Bietjie geld,motor en selfone,die Here keer die dade beslis nie goed nie,kom ons ondersteun mekaar as ñ span,bid saam dat GOD ons land en sy mense red van verdere verwoesting en moorde,die oorlewendes het NIE GEVRA OM GEMARTEL EN VERMOOR TE WORD NIE. Wit,swart,kleurlinge,almal moet saam staan,kleur en ras moet nie saak maak nie,solank ons net weer in vrede kan lewe.
As ak die boere vermoor word,waar gaan almal groente,vrugte vandaan kry???? Hul is vir ons almal ñ Blessing want hul werk baie hard sodat ons kan eet,dankie aan AL ONS BOERE VIR HUL HARDE WERK,HUL TYD EN OOOFFERING,JUL SAL RYKLIK GESEEN WORD!!!!????????????????????????????????????

Pieter ·

“In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.”

Danie ·

Yes and fight are we going to do, but not white against white

Karina ·

Amen – slegs ons gebede na God en ons geloof in God sal ons red

Anmemarie1971 ·

Mense,jammer vir die paar spelfoute,eks net baie emosioneel hier waar ek sit????????????????

jzjz05 ·

Wanneer gaan hulle besef dat daar net een straf is wat die moordenaars tweekeer sal laat dink wanneer hulle n moord beplan en dit is die DOODSTRAF.

Persheks Adri ·

Beslis nie huisroof nie net duidelik moord op ons boerevolk!Hoedeman jy gaan ons NIE ontwapen NIE!

Cele waar is jy en gee ons bietjie kommentaar toe!

Werner ·

Ons sal hul lewend vind sodat ons hulle weer kan kaat borg kry sodat hulle jan voortgaan met hulle dade.

Grassie ·

Wanneer mens ‘n berig soos hierdie lees is dit erg ontstellend, jy word kwaad, nee meer as dit – jy word woedend. Maar die ergste van alles is daardie gevoel van absolute magteloosheid wat ‘n mens beetpak. Die ANC-regering het die witmens in ‘n onuithoubare wurggreep beet. Jy moet dood, jy moet uitgewis word. As jy durf voorkomend optree en daardie aanvallers gelyk maak met moeder aarde voordat hulle jou leed kan aandoen sit jy daardie selfde dag met jou agterent in die tronk. En nou wil die ANC ook nog jou vermoë om jouself te verdedig finaal die nek inslaan deur ontwapening. Dit laat my dink aan ‘n ou gesang – “Heer waar dan heen, weet U alleen.”

Misky ·

Ag asb tog!!!! As die motief roof was, sou hulle mos nie die oom deur ‘n hek skiet nie. Dis blatante moord en niks anders nie. Skrik wakker en sien wat aan die gang is

Genis ·

Anmemarie… as mens kyk na die optogte, wat gereel word na die parlemet in Pretoria, is daar elke male net n hadjie vol mense (glo my ons ken al mekaar opi naam)… Dis eindelik baie hartseer… Toe Petrus geloop het van die Kapp tot by die Unie geboue om n memorandum aan CR te oorhandig, was ons maar n handjie vol daar… Jammer om te se, ons praat groot maar doen weining…

Juls ·

Realisties gesproke dink ek nie daar is veel wat ons KAN doen nie

pieter ·

Dan wil hulle nog jou wapen weg vat ,
DINK net wat gaan gebeur , Moord en roof
Gaan dan die order van die dag wees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.