Drie speurders vas wat glo omkoopgeld eis  

Foto ter illustrasie. (Foto: SAPD)

Drie polisiespeurders is deur die Valke in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van ʼn lid van die publiek geëis het om inhegtenisneming te voorkom.

Volgens lt.kol. Tinyiko Mathebula, polisiewoordvoerder, is die drie polisielede, tussen 39 en 48 jaar oud, Maandag by ʼn winkelsentrum in Hebron in Noordwes in hegtenis geneem.

“Die drie het glo omkoopgeld van ʼn man versoek ten einde hom nie in hegtenis te neem nie. Hulle het na bewering R6 000 geëis en die klaer kon hulle R2 000 betaal.

“Die verdagtes het glo die klaer gekontak en die uitstaande bedrag geëis. Nadat die saak onder die Valke se aandag gebring is, is ʼn operasie begin en is die drie in hegtenis geneem kort nadat hulle R4 000 van die klaer ontvang het.”

Die verdagtes sal Dinsdag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ronel ·

Mooiman! Nou moet iemand dalk iets doen omtrent die polisie in Meyerton, daai speurders is al aan gekla by die Valke drie jaar terug vir intimidasie en afpersing, en werk nog steeds daar! En probeer gerus ‘n saak daar open…. selfs moord en gewapende roof, MET CCVT bewyse is volgens Meyerton nie genoeg bewyse om ‘n saak te open nie.

Papsak ·

Sies wat n klad op die valke se naam kan hulle maar net nie vertrou nie klaar bly skelm !!!???

Danie ·

Daar is net geen keer aan korrupsie vir die polisie, geld en mag is koning.Dis tyd vir verandering.Ons soek n profesionele Diens met betroubare polisiemanne.

Bekkie ·

Hulle tel seker onder die wat nie matriek het nie, en nog seker ook vervalste dokumente ingehandig het om die werk te kry

Pierre ·

Papsak lees met insig die keer die Valke het hulle in hegtenis geneem, die drie werk nie vir die valke nie.

trotsNAMSA ·

Dieselfde ou stories oor en oor ! Net soos in die private sektor, kom korrupte lede in die SAPD voor.

Fubar ·

Niks nuut hier nie. Dieselfde ou storie oor en oor. Kom ons wed: Hulle gaan NIE tronk toe nie.

Niklaas ·

Hierdie dinge raak nou so algemeen dat nuusblaaie dit binnekort nie eers meer gaan meld nie. Dus glo ek dat hul oor 2 weke amnestie sal kry en dan word dit volgende maand weer herhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.