Drie staatsamptenare vas oor ‘bedrog met tolke’

Valke

Argieffoto

Die Valke se teenkorrupsie-eenheid het Donderdagoggend twee staatsprokureurs en ʼn finansiële klerk, van die departement van justisie, in hegtenis geneem.

Die drie word daarvan beskuldig dat hulle oor ʼn tydperk van drie jaar omkoopgeld van tolke geëis het.

Die verdagtes, onderskeidelik 31, 40 en 49 jaar oud, het glo werk aan spesifieke tolke toegeken in ruil vir betaling. Die drie het na bewering die dienste van die tolke gefasiliteer deur niksvermoedende kliënte na hulle te verwys vir ʼn fooi. Die finansiële klerk sou dan die betaling in die tolke se rekeninge maak, waarvandaan dan betalings aan die verdagtes gemaak is.

Die verdagtes, ʼn vrou en twee mans, sal Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklagte van korrupsie en afpersing.

Enige lede van die publiek wat moontlik deur die verdagtes se beweerde ongerymdhede geraak is kan kapt. Warmberg skakel by 072 580 2469.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.