Drie steeds soek ná aanval op Mpumalanga-plaas

Die vuurwapens wat teruggevind is. Foto: Brig. Leonard Hlathi

Die vuurwapens wat teruggevind is. Foto: Brig. Leonard Hlathi

Die polisie is op die spoor van drie verdagtes wat Dinsdag ʼn man op sy plaas in die Peebles-omgewing, noord van Witrivier in Mpumalanga, oorval en beroof het toe hy sy dogter skool toe wou neem.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê drie verdagtes het omstreeks 06:00 op die plaas langs die R40- (Numbi-) pad toegeslaan.

“Die man beweer hy was buite sy huis om sy dogter skool toe te neem toe die onbekende verdagtes uit die bosse gekom en hulle oorval het,” het Hlathi gesê.

Twee verdagtes, met klapmusse aan, het pistole op hom gerig en hulle gedwing om op die grond te lê. Hulle het die man en sy dogter vasgebind, waarna hulle die man terug in die huis in gedwing en aangedring het op die kluis se sleutels, geld en selfone.

“Hulle het die kluissleutels gebruik om die kluis oop te maak en ses vuurwapens, ammunisie en twee selfone gebuit, waarna hulle te voet gevlug het.”

Die man kon homself bevry en het hulp ontbied. Die man en sy dogter is ongedeerd.

ʼn Grootskaalse soektog na die verdagtes is onder meer met lugsteun en snuffelhonde van stapel gestuur.

Een selfoon is kort daarna sowat 200 m van die huis af in bosse opgespoor. Al die vuurwapens is ook teruggevind. Dit was in ʼn rivierbank op die naburige plaas weggesteek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerd Lourens ·

Luister nou mooi!

Een wapen aan jou lyf is baie meer werd as 1000 wapens in ‘n verdomde kluis!!! Word tog net wakker en meer paraat!!!

willehond ·

Gerd ek stem saam. Vir wat koop jy n vuurwapen? Vir jou kleinkinders om te erf? Ons is net gewoon DOM!!! Maar kla kan ons BAIE goed doen! As jy nies en jou sakdoek is op die draad, wat doen jy dan ???

JOHN COX ·

Ek stem saam, wapens in n kluis is presies wat hulle lok . Hulle weet daars wapens , geld ,selfone,voertuie ens op die plase. En nog meer is die hoeveelheid Ou mense wat alleen oppie plase sit. Dis dom dom dom !
Kry die groot kluise vol wapens uit julle huise , maak n ander plan. Hou bediendes en tuinwerkers van die erf af asb man.

Liza ·

Bly julle is ongedeerd! Doen wat hulle vra, gee die sleutels, geld en gewere, jou lewe en jou kinders se lewens BAIE meer werd. Een man teen drie sou niks reggekry het as hy terug baklei het nie… DANKBAAR!

Chris ·

Een man teen 3? Daar het dan 1 man teen 4 ge seevier in Centurion!! Doen soos Gerd Lourens se ^^

Chrisjan ·

Veg, veg, veg. As jy onverhoeds betrap word, wag tot jy weer die verrassingselelement terugkry, dan doen wat nodig is. As jy eers vasgebind is en ta sit die strykyster aan, gaan jy swaarkry.

arie ·

Die polisie vervang dat n stewing ge-instaleerde kluis beskikbaar moet wees om wapens in toe te sluit, voordat n lisensie daarvoor uitgereik word. Dit in n poging om diefstal van wapens te bekamp.
Werk dit na verwagtinge?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.