Drie steel glo miljoene rande se diesel

(Argieffoto)

Drie verdagtes het Maandag in die Cornelia-distrikshof verskyn nadat hulle glo verlede week diesel ter waarde van R2,4 miljoen uit ʼn Transnet-pypleiding in Verkykerskop in die Vrystaat gesteel het.

Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn werknemer van Transnet is Vrydag na Verkykerskop gestuur om ondersoek in te stel. Dít nadat inligting ontvang is dat daar moontlik met ʼn klep in die pypleiding gepeuter is.

Met sy aankoms het hy vasgestel dat daar skade aan die pypleiding was en dat diesel uitgelek het.

Volgens Steyn het die werknemer spore van ʼn voertuigband by die hek gewaar. Hy is na die plaaslike polisiestasie in Verkykerskop om ʼn saak van diefstal aanhangig te maak.

Steyn sê die polisie het toe later die dag ʼn vragmotor, wat deur ʼn bakkie vergesel is, voorgekeer.

“Terwyl die polisie die insittendes van die vragmotor ondervra het, het die bakkie se bestuurder hulle genader en die polisie probeer omkoop,” vertel Steyn. Al die insittendes is net daar in hegtenis geneem en polisiestasie toe geneem.

Daar is beslag gelê op die vragmotor en sleepwa, die vangwa en die gesteelde diesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

007 ·

Was die Polisie betrokke? Hoekom is die vangwa in beslag geneem?

Scalla ·

Dit was nie die eerste keer dat hul dit gedoen het nie, sabotasie, hang hulle.

PieterP ·

Selfs die vangwa is gekonfiskeer? Maggies toe die Poliesmanne begin toe is hulle on a roll nê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.